blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Die onafhanklikheid van die regbank: Dossierinleiding 2006-07-19

Ofskoon president Thabo Mbeki aan die einde van Junie die voorgestelde wetswysigings betreffende die onafhanklikheid van die regbank voorlopig gestuit het, wil dit nie sê dit gaan nie gebeur nie. Daarom plaas Die Vrye Afrikaan in hierdie dossier – “Die onafhanklikheid van die regbank” – twee artikels deur ´n regter, Eberhard Bertelsman, en ´n politieke wetenskaplike, Pieter Labuschagne, wat ´n netjiese rekord van die omvang van die voorgestelde wysigings gee. Die dossier word ingelei deur die regsfilosoof, Koos Malan, se verduideliking van waarom die regbank polities selfs in die beste demokrasie allesbehalwe onafhanklik is. 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=635
Artikel nagegaan:
    -