blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Spesiale Kommentaar: Die Amerikaanse Presidentsverkiesing 2004-11-02

Vandag se Amerikaanse presidentsverkiesing is 'n ware globale gebeurtenis wat meer aandag as enige ander presidentsverkiesing ooit getrek het. Die rede hiervoor is eenvoudig: die hoë temperatuur van die wêreld se politieke klimaat is 'n regstreekse uitvloeisel van die Bush-bin-Ladin-effek, waar twee religieuse ekstremiste die tegniese middele tot hul beskikking misbruik om 'n politieke program te bevorder wat as 'n religieuse sending voorgestel word.

In plaas daarvan om die politiek en die religie as gelyksoortige verskynsels te benader (groepe wat rondom ideale groter as hulself gelei word deur leiers wat dié ideale kan vertaal in programme van aksie om die wêreld te verander), benader Bush en bin-Ladin die politiek en die religie as identiese verskynsel (groepe wat rondom ideale groter as hulself mislei word deur leiers wat dié ideale kan vertaal in programme van aksie om die wêreld te vernietig).

In hul pad van vernietiging het Bush en bin-Ladin ons tot op 'n punt gebring waar niks minder nie as die politiek en die religie self – en daarmee ook die wêreld waarin ons wil leef - op die spel is. Dit kan aangevoer word dat die vertekening waaraan Bush en bin-Ladin die religie en die politiek onderwerp, 'n effek is van die voortdurende uitdagings wat snelle tegniese ontwikkeling gedurende die 20ste eeu aan die de mokrasie gestel het.

Reeds met die vliegtuig en die masjiengeweer is Europa se verskillende nasiestate tussen 1914 en 1918 gedompel in 'n vernietigende toets van tegniese meerderwaardigheid. Sonder dat een van die deelnemers aan Wêreldoorlog I werklik op tegniese meerderwaardigheid kon aanspraak maak, is die Vrede van Versailles gesluit as weerspieëling van die uiters onstabiele magsverhoudinge van die era. Hitler sou in Duitsland reageer op die die feit dat nie een van Europa se nasiestate werklik tegniese meerderwaardigheid geniet het nie deur de mografie met tegniek te kombineer: mensekrag sou met masjienkrag Duitsland mag bo alles gegee het. En om dit te doen moes die politiek omvorm word van 'n krag om die wêreld te verander na een om die wêreld te vernietig. Hierin het die kommunikasiemedia, veral radio en koerante, 'n onontbeerlike rol gespeel om die grootste moontlike massa mense te mobiliseer. Reeds die Nazi’s het 'n sleutelbeginsel van kommunikasie begryp: hoe eenvoudiger die idee, hoe groter die effek. (Goebbels het dit propaganda genoem, later was dit bemarking – politieke dominasie deur kommersiële middele – en aan die einde van die 20ste eeu openbare verhoudinge – kommersiële dominasie deur politieke middele, oftewel die politiek as kommersiële oefening, vervolmaak deur die VSA en wêreldwyd geesdriftig opgeneem, waarvan Suid-Afrikaanse de mokrasie as globale “ster” onder die TV-kundige ANC nie uitgesluit was nie.)

Die fascistiese massa mobilisering van liggame en masjiene deur Hitler is uiteindelik deur die grootste tegnopool in die geskiedenis – die VSA – gestuit op 6 Augustus 1945: met die atoombom op Hirosjima is liggame en masjiene tot absolute stilstand geruk in 'n daad van absolute vernietiging as antwoord op hul massa mobilisering. Daardie oomblik van absolute, stil bewegingloosheid sou die bron van die VSA se politieke en kommersiële hege monie in die tweede helfte van die 20ste eeu word.

Maar soos enige hege monie is ook hierdie een by uitstek 'n poging om alle kragte en teenkragte te sentraliseer en te beheer. En soos enige hege monie kan dit op die lange duur nie slaag nie. Die eerste kraak in Amerikaanse hege monie het reeds begin by presies wat vir amper 80 jaar as hoeksteen daarvan sou geld: Saoedi-Arabiese olie. Want die olie van Saoedi-Arabië waarsonder die VSA nie sy absolute tegniese dominasie sou kon handhaaf en verdiep nie, se vloei is gewaarborg deur 'n diaboliese pakt tussen die VSA en die Huis van Saoed: ons olie vir julle sekuriteit. Dit was 'n pakt waarin die politiek as wedersydse erkenning van mekaar se belange verskraal is tot 'n blote magsverhouding, en wat die Huis van Saoed net kon doen deur die mees ekstreme vorm van Islam, die Wahhabi, in feite die staatsgodsdiens van Saoedi-Arabië te maak. Daarmee het die Huis van Saoed daarop gewed dat hulle hul burgers se politieke miskenning sou kon versag deur die mense onderdanig en produktief met religie te hou, religie nie as verlossende krag nie, maar as verslawende krag.

Dit is hierteen wat bin-Ladin en die duisende vervreemde, miskende Moslemmans wat soos hy dink, uiteindelik in opstand sou kom vanaf Afganistan (1979) tot 11 September 2001 en daarna. Die effekte is daar vir almal om te sien: 'n wêreld wat onsekerder as ooit is; die politiek wat keer op keer misbruik en verkrag word deur verkose en onverkose politieke begrafnisondernemers vanaf die Withuis tot Downingstraat tot die Kremlin en Jerusalem; die religie wat vir die soveelste maal in die geskiedenis gebruik word om 'n manifes van dood deur te voer vanaf Karachi tot Kaboel, vanaf Bagdad tot die Gazastrook.

Terwyl globale meningspeilings daarop dui dat die wêreld op 'n verkiesingsoorwinning vir John Kerry hoop, is hierdie hoop, helaas, betreklik naïef. Soos John Pilger skryf in die Mail & Guardian van 29 Oktober is die oorlog teen die ar moedige kleinboernasie van Viëtnam deur 'n De mokratiese president (Lyndon Johnson) begin, soos die oorlog in Afganistan (wat Bin-Ladin gebaar het) ook deur 'n De mokratiese president (Jimmy Carter) begin is. Op die koop toe is daar nie een enkele Amerikaanse president sedert Wêreldoorlog II wat nie sy deel vir die handhawing van Amerikaanse hege monie gedoen het nie. Soos Julian Borger van The Guardian vroeër vanjaar geskryf het, is die verskil tussen die Republikeine en die De mokrate die verskil tussen unilaterale of multilaterale wêreldhege monie. Ten beste sal 'n oorwinning vir Kerry dus die ooglopende effekte van Amerikaanse hege monie verdoesel en wegkommunikeer.

Want die feit van die saak is dat die nasiestaat vandag die handperd van die reuse van die moderne tegno-ekonomie geword het – die groot media- en militêre maatskappye, wat nie net die Amerikaanse politieke ekonomie bepaal nie, maar ook dié van die res van die wêreld. Om dit te verander, moet de mokrate die wêreld oor vandag werk aan die hernude de mokratisering van die politiek, beide van bo-af en van onderaf. Van bo-af deur die Verenigde Nasies dringend te hervorm tot 'n de mokraties verkose liggaam, en van onderaf deur vir gemeenskappe soveel as moontlik mag oor hul eie lot op te neem. Hierin moet ons begelei word deur 'n visie van ekonomie as voorsiening van ons werklike behoeftes eerder as van ons nimmereindigende begeertes, van politiek as die ruimte vir 'n globale de mokratiese politiek waar sowel planeet as gemeenskap begunstig word, van religie as krag van betekenis, van tegniek as instrument van insig, en van die ekologie as die voorwaarde van al hierdie dinge.

En daarvoor is baie meer as John Kerry in die Withuis nodig.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=48
Artikel nagegaan:
    -