blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gedig: Die Minotourus, by ’n beeld van Paul Wunderlich 2006-07-19
Hennie Aucamp

Staan wankel gevestig

in eie labirint:

twee arms en ´n been

stomp afgebind.

 

Die kop nogtans trots

is skuins weggedraai

na die Ouwêreldsee

en ´n wyndonker baai.

 

Sien hy bollende seile

na Griekeland vaar

met Theseus en Ariadne

voorlopig ´n paar?

 

Of sien hy vooruit

hoe die vyand hom stort

van ´n loodregte krans

en sélf offer word?

 

Néé: die stukkende dier

wil vir oulaas aanskou

hoe ´n vader se trane

´n see laat verblou.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=624
Artikel nagegaan:
    -