blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Uit Bothasig, Kaapstad skryf J. Fred Roux 2006-07-19

Onlangs het ´n klein nuusberiggie op e-tv verskyn van ´n referendum wat beplan word om te bepaal of Katalonië van Spanje moet afskil. Vir meeste Suid-Afrikaners het dit geen betekenis gehad nie. Net lesers van Die Vrye Afrikaan het presies geweet wat dit behels.

            Graag wil ek u gelukwens met die besonder interessante artikels vertaal uit Frans oor Katalaans en Katalonië wat in Die Vrye Afrikaan van 17 Februarie, 2006 verskyn het. Dit was geweldig insiggewend.

            Nie net was dit betekenisvol gesien vanuit ´n algemenekennisoogpunt nie; die paralelle relevansie met die huidige verloop van Afrikaans maak dit soveel meer tersaaklik. Met ander woorde, as Katalaans uit die stof kan opstaan, behoort Afrikaans wat nog op sy voete is, dit makliker vind om te slaag.

            Om dít reg te kry, moet hierdie storie, hierdie prysenswaardige boodskap, oorgedra word aan alle Afrikaners, en veral die jeug. Bes moontlik kan dit ´n uitdaging vir die FAK word.

            Geluk ook met die algemene samestelling van Die Vrye Afrikaan. Ek vind dit geweldig interessant. (Brief effens verkort)

- En u is die soort leser waarvan ons hou! Intussen het die Katalone die referendum en groter outonomie gewen. – Red.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=620
Artikel nagegaan:
    -