blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Die internasionalisering van Afrikaners se situasie: Dossierinleiding 2006-05-19

Solidariteit se onlangse toer na die VSA was die eerste poging van sodanige omvang om Afrikaners se situasie te internasionaliseer in dekades. Hierop ontstaan ’n debat oor hoekom, hoe en wat van Afrikaners se situasie geïnternasionaliseer moet word. Dirk Hermann van Solidariteit open die dossier met ’n bestekopname van Solidariteit se toer. Johann Rossouw, redakteur, ontleed die ideestrominge en politieke bewegings waarby Afrikaners vandag internasionaal aansluiting kan vind. Samir Amin, doyen van Afrika se linkse ekonome, en die Belgiese internasionalepolitiek-ontleder, François Houtart, vra kritiese vrae oor die Maatskaplike Wêreldforum waarop Rossouw klem lê. Francois Bredenkamp, historikus en klassikus, hou lesse voor wat Afrikaners uit die geskiedenis van die Bisantynse Griekse minderheid van die laat-Middeleeue kan leer. Deon Geldenhuys, spesialis in minderhede en internasionale politiek, maak praktiese voorstelle oor internasionalisering.



 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=577
Artikel nagegaan:
    -