blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels

US-studentepeiling: Afrikaans toenemend geveto 2006-05-19

“Embargo: die inhoud van hierdie verslag is vertroulik en ek behou alle kopiereg, behalwe waar die verslag gedupliseer word vir gebruik binne die US-taalhersieningskomitee self. Dit gaan gedeeltelik/ten volle aan ander instanstasies, soos lede van die pers, beskikbaar gestel word en die inhoud gaan aan opvolgondersoeke onderwerp word. Daarom mag die US-taalhersieningskomitee die verslag nie sonder my vooraf, skriftelike toestemming aan enigiemand of instansie buite die US-taalhersieningskomitee openbaar of beskikbaar stel nie.            

                “Die embargo verstryk wanneer die US-taalhersieningskomitee sy finale bevindinge bekendmaak. Die embargo kan ook vroeër deur my skriftelike toestemming in geheel opgehef word.”

                Dít is die selfversekerde trant waarop Piet le Roux, 22-jarige B.Comm.-student aan die Universiteit Stellenbosch (US) en medeorganiseerder van verlede Oktober se petisie van meer as 3 500 studente en dosente teen die uitbreiding van die T-opsie aan die US, ’n merkwaardige voorlegging aan die US se komitee vir die hersiening van taalbeleid begin.

                Le Roux en sy medestudent, Henry Cloete, het met hul oorspronklike petisie verlede Oktober die US-bestuur onder leiding van prof. Chris Brink, rektor, se destydse taal- en studentvriendelike beeld aan flarde geskiet. Tydens die steunvergadering vir hul petisie, wat besonder swak in die hoofstroommedia gerapporteer is, het ’n kombinasie van swart, bruin en wit Afrikaanssprekendes prof. Brink die aand behoorlik afgeransel voor ’n geesdriftige gehoor van meer as 300 studente.

                Le Roux en Cloete het intussen nie op hulle louere gerus nie, maar die bal vorentoe gedra met ’n volgende skitterende inisiatief: ’n peiling onder meer as 3 000 studente oor die ware stand van sake met taal in die klassituasie aan die US, ’n taak wat die US tot dusver met ’n jaarlikse begroting van meer as R1,3 miljard in weerwil van herhaalde oproepe daartoe nog steeds nie kon deurvoer nie.

                Met die integriteit, beskeidenheid en deeglikheid wat Le Roux en Cloete se werkswyse kenmerk, maak hulle nie aanspraak daarop dat hulle peiling volledig, verteenwoordigend of wetenskaplik is nie, om die eenvoudige rede dat hulle die peiling bloot met hul karige bronne en ondernemingsgees aangepak het.

                Die eerste stap was om op Vrydag 17 Maart, 2006 ’n eerste e-pos aan meer as 3 000 ondertekenaars van hul petisie te stuur en hulle uit te nooi om deel te neem aan ’n kompetisie waarvan die eerste prys “’n Afrikaanse universiteit” is: “Om in aanmerking te kom vir die eerste prys, naamlik ’n Afrikaanse universiteit, laat weet ons hoe gaan dit met die taal in u voorgraadse modules! Ons wil graag uitvind WAT GAAN AAN OP KAMPUS? Stuur vir ons ’n baie kort e-pos na [email protected] in die volgende formaat. U hoef nie al u modules te stuur nie, net waarvoor u tyd het. ‘Filosofie 114: u kommentaar’ ‘Handelsreg 381: u kommentaar’ ‘Ens.’”

                Dít is op Woensdag, 22 Maart opgevolg met ’n tweede e-posoproep om deel te neem aan hul peiling: “Vertel ons hoe Afrikaans (of Engels) in jou klas gebruik word. So kan ons 
bepaal hoe die T-opsie en ander opsies Afrikaans en jou klastyd daagliks 
beïnvloed.”

                In hul kernbevindinge gee Le Roux en Cloete 58 deelnemers se kommentaar oor 81 modules weer. Die groot belang van hulle verslag lê in die geheelbeeld wat dit van die stand van taal aan feitlik al die US se fakulteite gee – met ander woorde, veel wyer as net die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, waar die uitbreiding van dubbelmediumonderrig (die T-opsie) na die derde jaar steeds in omstredenheid gehul is.

Die prentjie wat Le Roux en Cloete skets, is inderdaad somber. Dit word soos volg saamgevat:

“- 19 rapporterings: modules wat as T-opsie aangedui word, waar sommige dosente slegs in Engels doseer.

 - 7 rapporterings: modules gemerk as A-opsie [oftewel Afrikaans], waar sommige dosente feitlik net Engels doseer.

- 5 rapporterings: modules gemerk as A-opsie, waar die dosent gedeeltes slegs in Engels doseer.

- 31 rapporterings: sommige dosente herhaal feitlik alles in Afrikaans en Engels in dieselfde klas.

- 25 rapporterings: sommige van die dosente is geen/swak Afrikaans magtig, of die dosent gebruik onduidelike (direk-vertaalde?) Afrikaans.

- 5 rapporterings: sommige van die dosente is swak Engels magtig, alhoewel hulle daarin probeer doseer.

- 34 rapporterings: nota’s hoofsaaklik/slegs in Engels beskikbaar.”

                Van die respondente se kommentaar is ewe insiggewend. ’n Student in bedryfsielkunde skryf: “Engels is alles goed en wel, maar nie as als moet herhaal word nie, en soms slaan die dosent net oor na Engels!! Dit is regtig baie frustrerend.” ’n Student in bemarking laat weet: “Frustrerend om alles eers te vertaal voor jy vir ’n toets kan leer en dit vat baie ekstra tyd.” ’n Student in biologie: “Dosent en notas is alles Engels asook die opdragte.” Uit ekonomie laat weet ’n student: “Die dosent bied die tutoriale alles nét in Engels aan, vir ’n Afrikaanssprekende groep!  Sy sê sy kan nie haar vakgebied in Afrikaans aanbied nie.” Oor ’n filosofiedosent verneem ons: “Een van 2 dosente kan hoegenaamd nie behoorlik Engels praat nie, maar doen dit nog steeds.” Dan het studente in genetika dit ook nie maklik nie: “Alles tweetalig, studente sukkel om tussen tale te spring, klas het gaan kla, maar die hoof van genetika het gesê dis finaal en die studente moet saamwerk met die lektrise”. In handelsreg laat ’n dosent se taalvaardigheid haar (en haar studente) blykbaar ook in die steek: “Die dosent vertaal alle notas vanaf Engels wat dan veroorsaak dat ons vertalings kry wat belaglig en taalkundig onkorrek is. Sy herhaal ook die werk in Engels wat baie tyd vat.” En wat van ’n dosent in ingenieurswiskunde?: “Dosent praat slegs Engels en verstaan glo ook slegs Engels, maar alles wat hy op die bord skryf is in slegvertaalde Afrikaans.” En wat van die wondere van die groot wêreld buite Afrikaans? In politieke wetenskappe laat weet ’n student: “Die nooi van buitesprekers is wonderlik, maar dit is werklik moeilik om hul ervaring en verrykende kennis te gebruik in latere opstelle indien die notas slegs in Engels verskaf word!!” Maar laasgenoemde moet dankbaar wees, want uit rekenaarwetenskap verneem ons: “Taalspesifikasie: A. Klas is slegs Engels, notas is slegs Engels. (Hier is nie eers ’n T-opsie nie).” En dan’s daar die irritasies van ’n sielkundedosent: “Dosent raak geïrriteerd deur Afrikaanse studente wat opdragte in Afrikaans vertaal wil hê – alhoewel hy self Afrikaans is.” En wat van die vreugdes van internasionale voortreflikheid aan die US? So word dit in struktuurleer beleef: “Alle klasse word in Engels aangebied (of ons glo dis Engels, dosent kom van Berlyn, so dit maak sake baie moeilik om te verstaan wat sy sê)”. ’n Dosent in die uitleg van wetsreg vat blykbaar ook nie nonsens van leergierige studente nie: “Dit is veronderstel om A-opsie te wees (volgens jaarboek), maar die professor gesê hy maak dit T-opsie want dis hoe hy voel dit moet wees en wat prakties in die klas gebeur is dat dit 75% Engels is met geen herhaling nie.” Laastens is daar ook die hoflike dosent wat met die Engels probeer in die vak wiskunde bio: “Dame wat klas aanbied gebruik uiters swak Afrikaans, vul haarself gedurig met Engelse woorde aan ... en dit is hoeka ’n Afrikaanse klas en sy is self Afrikaans!  Uiters frustrerend!!!”

                Intussen word lesers van Die Burger amper weekliks getrakteer op advertensies van hoe goed dit met Afrikaans aan die US gaan, en wat dié instelling alles doen om Afrikaans te bevorder. Nou ja, as dinge lol, so lyk dit, is daar darem nog altyd goeie ou bemarking om op terug te val.

                Maar wanneer gaan die US werklik vir die wêreld wys wat met taal in sy klaskamers aangaan en ’n deeglike wetenskaplike ondersoek loods soos Le Roux en Cloete in hulle verslag vra?

Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=567
Artikel nagegaan:
    -