blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor Danie Goosen se “Aktualiteit van die transendente” (Die Vrye Afrikaan, 21 April, 2006) skryf dr. Louis Kirsten uit Johannesburg 2006-05-19

Ek wil aansluit by Albert Venter se inleiding in die laaste uitgawe: Die Vrye Afrikaan is op die punt om ’n waterdigte windmeulwêreld aanmekaar te flans. Die Vrye Afrikaan se eie hoëpriester, Danie Goosen, se gevolgtrekkings oor Richard Dawkins se “idees” is asemrowend. Ek wed Dawkins se “modernisme” sal in sy leeftyd ordegroottes meer bereik om bv. die natuur se plundering te stuit as Goosen se …? Dawkins uit sy eie majestieuse The Ancestor’s Tale stel die punt: “It is not because I wish to limit or circumscribe reverence; not because I want to reduce or downgrade the true reverence with which we are moved to celebrate the universe, once we understand it properly. ‘On the contrary’ would be an understatement. My objection to supernatural beliefs is precisely that they miserably fail to do justice to the sublime grandeur of the real world. They represent a narrowing down from reality, an impoverishment of what the real world has to offer.” Dit is al wat Dawkins te sê het oor hierdie onderwerp in ’n bestek van 500 bladsye se biologie. Hiermee wil ek volstaan. As Danie Goosen sy eie evolusionêre biologie so ’n bietjie vasgevat het kan ’n mens dalk werklik begin debatteer. Sterkte en onthou die Heer Don Quijote de la Mancha en sy gewillige agterryer, Sancho Panza, is gawe kamerade in die windmeulwêreld.

 

- Jammer as ons hoëpriester aan die een van u kerk aanstoot gegee het. Die Christendom se begrip van ’n oneindige skepping, of die Boeddhisme se “tienduisend heelalle” klink nou nie juis na ’n “miserable failure to do justice to the sublime grandeur of the real word” nie, of hoe? Vir u heil stel ons voor dat u ’n slag ’n boek lees van ’n wetenskapsfilosoof wat regtig saak maak (en evolusionêre biologie verbind met die Christelike kosmologie): Michel Serres, L’incandescent waarin hy die religie, die wetenskap en verwondering op skouspelagtig poëtiese wyse in verband bring – Red. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=563
Artikel nagegaan:
    -