blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor Robert Vosloo se “Waarom ek ’n Protestant bly” (Die Vrye Afrikaan, 21 April, 2006) skryf Gawie Snyman uit Londen 2006-05-19

Ek wag nou vir ’n meer behoudende Christelike skrywe ook asseblief. Dit sal darem baie selektief wees om nou hierdie onderwerp hier te laat. Gelukkig is ek gereformeerd Protestants, wat beteken terug na die Woord van God en protesteer teen alles wat nie versoenbaar met die Woord is nie. Anders as Vosloo glo ek nie dat om Protestants te wees dit beteken dat jy altyd moet protesteer nie, maar teen dit wat saakmaak. Die Belhar-belydenis is dalk uit protes opgestel, maar beslis nie om ons nader aan die Woord te bring nie. Die Vrye Afrikaan moet oppas om nie ’n blik wurms oop te maak nie.

 

1. Die Vrye Afrikaan het in minder as twee jaar meer diepte-aandag aan die Afrikaanse Christendom en kerke afgestaan as enige ander publikasie in dieselfde tyd. Kyk gerus ook na ons omvattende dossier oor “Die (NG) kerk en sy tyd” verlede Augustus.

2. U opvatting van Protestantisme verskil van Vosloo s’n, en bewys daarmee hoeveel verskillende nuanses daar binne die Protestantisme is - wat juis maak dat dit nie so eenduidig hanteer kan word nie as wat u voorstel. – Red. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=562
Artikel nagegaan:
    -