blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Afrikaners en die transendente: Dossierinleiding 2006-04-26

Geen politieke of maatskaplike verandering is moontlik sonder iets hoërs waarop die agente van verandering hulle beroep nie. Afrikaners word vandag op die oog af gekenmerk deur ’n gebrek aan sodanige hoër bronne. Andersins word dit al hoe duideliker dat die ontkenning van die transendente of die relegering daarvan tot die private sfeer onhoudbaar is. Daarom kyk ons in hierdie dossier aan die hand van verskillende Christelike denominasies hoe denkende Afrikaners vandag met die transendente omgaan. Robert Vosloo, teoloog, fokus op die maatskaplike en historiese inhoud van wat dit is om vandag Protestant te wees. Danie Goosen, filosoof, skryf oor die duursaamheid en die noodsaaklikheid van die transendente vir ons wêreld. Vader Zacharias van Wyk, eerste Afrikaner ingewy as Ortodokse priester, vertel van die ryk tradisie wat die Ortodoksie vir die Afrikaanse wêreld bring. Vader Leon Mostert kyk terug op sy keuse om Katoliek te word en hoe ’n sterk gemeenskapstradisie die Katolisisme is. So gee hierdie skrywers ’n geskakeerde beeld van ’n ryk geestelike lewe onder Afrikaners waar die aansprake van die private en die openbare deurdag met mekaar versoen word, in weerwil van die hoofstroommedia se durende beeld van ’n Afrikaanse Christendom in voortslepende konflik met haarself.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=544
Artikel nagegaan:
    -