|
||||
Charles Baudelaire (In Afrikaans verwerk deur Peter Louw)
Onder die skadu van die taksusbome sit die uile, van die voetpad weggekeer, soos Oosterse gode met vorsende rooi oë onbeweeglik in ’n ry. Hulle mediteer.
Só sal hulle roerloos wag, tot oplaas die triestige uur wanneer die skemering die kantelende son verplaas en weer haar onderbroke skadu’s bring.
Hul peinsende houding leer die filosoof om onrus en beweging af te wys en elke begeerte uit te doof;
Ons, bedwelm deur ’n vlugtige illusie, betaal ons lewe lank die prys dat ons wou verander van posisie. |