blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Die politiek van Islam: Dossierinleiding 2006-03-15
Drie jaar gelede, op die vooraand van die Amerikaansgeleide inval van Irak, het meer as 80% van Monitor op rsg se luisteraars hulle steun vir dié imperiale avontuur uitgespreek in ´n telefoonpeiling. Waarskynlik het dié luisteraars sedertdien heelwat stof tot nadenke gekry, en ook meer inligting om die verwerplike teorie van Samuel Huntington oor ´n ‘botsing tussen beskawings’ aan die vergetelheid toe te vertrou. In hierdie dossier probeer ons lesers op hoogte bring met sleutelaspekte van die politiek van Islam vandag. Georges Corm ontleed Hamas se verkiesingsoorwinning in Palestina. William Dalrymple wys op die komplekse funksie van Islamitiese skole in Pakistan. Johann Rossouw ontleed die reaksie op die Moslemspotprente.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=520
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -