|
||||
In sy bydrae verduidelik Johann Rossouw waarom die verengelsing van die Afrikaanse universiteite oënskynlik onstuitbaar is, en waarom die gesprek oor die Afrikaanse universiteit van die toekoms nou moet begin. Koos Malan gee ´n praktiese ontleding van waarom tweetalige universiteite nie volhoubaar is nie. Henk Smal gee ´n verwoestende ontleding van hoe Afrikaanse universiteite hul outonomie ondermyn weens politieke dienstigheid eerder as weens die veelbesproke invloed van staatsubsidies. Hendrik du Plessis skets ´n beeld van hoe die denke van Sun Tzu toegepas word om die Afrikaanse universiteite van regeringskant te verengels. Laastens dui Bert Olivier en Sipho Seepe aan hoe Suid-Afrikaanse universiteite vandag al hoe minder plekke van vrye debat is en al hoe meer in diens van die ideologie van transformasie. |