|
||||
Pablo Neruda
A, grootsheid van denne, gerug van brekende branders, langsame spel van ligte, allenige klok, skemerte wat in jou oë val, speelpop, aardse slak, die aarde sing in jou!
Riviere sing in jou en my siel vloei daarmee saam soos dit jou behaag en tot waar jy wil. Mik my pad al langs jou boog van hoop oop en ylings sal ek my vlug pyle bevry.
Reg rondom my kom kleef jou gordel mis en jou stilte verjaag my vervolgde ure, en dis jy met jou arms van deursigtige steen waar my soene veranker en my vogtige drif sloep.
A, jou geheime stem deur die liefde geklepel en verdubbel in die weerklinkende en sterwende vooraand! So het ek in die diep ure oor die lande gesien hoe mieliestronke lui in die wind se mond.
- Uit die Spaans vertaal deur Henry September |