|
||||
Wat ’n uitstekende en insiggewende bydrae. Net een vraag: wat stel prof. Malan voor moet ons doen om ons regte as ’n volk (nie ’n minderheid nie) af te dwing? Hierdie is ’n goeie moderne voorbeeld van "all animals are equal". Net soos al die ander regte (selfs die reg op lewe) wat veronderstel is om die boer te beskerm. Hierdie bydrae is van veel waarde om te verstaan waarom die ANC homself nie vergryp het aan allerhande wysigings van die Grondwet na die wegholoorwinning by die stembus in 2004 nie. Met die huidige Grondwet kan hulle alreeds net doen wat hulle wil! Prof. Malan het u vraag by wyse van spreke reeds in ons uitgawe van 3 Februarie 2005 vooruitgeloop met ´n artikel oor konkrete stappe wat Afrikaners dadelik kan neem: “Tyd vir regstreekse optrede: Kry weer energie!” (http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=114) - Red. |