blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Na aanleiding van 20 Januarie se hoofartikel, “Afrikaners en selfbeskikking”, skryf J. Brits van Burgersdorp 2006-02-15

Dit is jammer dat daar Afrikaners is wat nog vashou aan die verlede. Ja, dis goed om te weet waar vandaan jy kom. Dis ´n ander ding as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie. As die mense wat die ideologie het dat ´n eie staat die pad is om te loop die enigste een is, dan is ons as Afrikaners heeltemal van stryk. Wil hulle nie of kan hulle nie saam met ander mense werk nie? Ek was al ´n slag of wat op Orania, maar dit lyk vir my soos die blanke wat versukkeld is wat daar ´n heenkome soek. Ry maar daar rond, dan kan jy sien dat dit nie ´n plek is om vooruit te gaan nie, maar wel ´n plek waar jy stagneer en net ´n handjie vol van die mense mag en krag het. Dis elkeen se eie besluit om daar te bly, maar nie vir my nie, dankie. Die dag wat ons moes ‘ja’ of ‘nee’ gestem het (in die laaste blanke referendum), was dit vir my as 14-jarige ´n snaakse ding. Mense wat jy sou reken selfbehoud vir die Afrikaner nastreef, was die mense wat die hardste en hoogste op en af gespring het van blydskap oor die uitslag. Kyk maar in die verlede, die Afrikaner kan nie saamstaan voordat daar regtig ´n krisis is nie en dan ook nie vir lank nie, want ons as Afrikaners gun die een langs hom net mooi niks nie. Dis waar die probleem is: nie op ander plekke nie. As ons dit kan oplos, kan ons hopelik saamwerk.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=464
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -