|
||||
Die wêreldwye verspreiding van die industriële demokrasie veroorsaak ´n paradoks: hoe beter dit materieel met mense gaan, hoe slegter gaan dit simbolies met hulle. Lawrie Schlemmer verduidelik in sy artikel hoe dié wêreldverskynsel ook in Suid-Afrika inslag vind, waarmee hy ook ons reeks oor “´n Groeiende gaping tussen die swart elite en die swart massa afsluit?”. Vervolgens kyk Johann Rossouw na hoe Afrikaners se simboliese produsente hulle besig hou met die aftakeling van ´n uitgediende elite-beeld van Afrikaners, eerder as om nuut te dink oor wie ons is. |