blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Die einde van Die Wêreld 2005-07-07


 Toe Die Wêreld in April vanjaar die eerste keer verskyn het, het Die Vrye Afrikaan dié nuwe Sondagkoerant in ons kommentaar van 8 April in die naam van groter Afrikaanse mediadiversiteit verwelkom en die hoop uitgespreek “dat hulle sal bydra tot die voortgaande demokratisering van Afrikaans, Suid-Afrika en Afrika”.


Intussen het Die Wêreld op Donderdag 30 Junie 2005 nà twaalf uitgawes publikasie gestaak. Van die redes wat vir die koerant se mislukking aangevoer is, sluit in dat dit nie in die smaak van die mark geval het nie, dat dit nie oor genoeg kapitaal beskik het nie, en dat die redaksie nie genoeg ervaring had nie.


Hierdie faktore het sekerlik almal ʼn mindere of meerdere rol gespeel, maar dit laat nog die belangrikste faktor buite rekening, naamlik dat Die Wêreld helaas geen duidelike standpunt of politieke visie gehad het nie. Die media-omgewing in die algemeen en die Afrikaanse media in die besonder gaan vandag gebuk onder ʼn oormaat inligting (die meeste daarvan irrelevant of van mindere gehalte) en ʼn tekort aan vertolking, om oor ʼn duidelike politieke visie – die hart van enige publikasie – maar te swyg. En dít het waarskynlik die grootste rol in die einde van Die Wêreld gespeel.

1



 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=275
Artikel nagegaan:
    -