blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Voorbereiding, `n gedig van Czeslaw Milosz, soos uit die Engels vertaal deur Henry September 2005-07-01
Czeslaw Milosz


Voorbereiding


*"Preparation" van Czeslaw Milosz, soos uit die Engels vertaal deur Henry September



Nog een jaar van voorbereiding.

Môre op sy laatste begin werk ek aan die groot boek

Waarin my eeu sal verskyn soos dit in werklikheid was.

Die son sal opgaan oor die regverdiges en die kwaadwilliges.

Lente en herfs sal klokslag weer terugkeer,

In `n nat boskasie sal die lyster sy nes bou uitgelispel met klei

En jakkalse sal hulle jakkalsdraaie leer.


En dit sal die onderwerp wees, met toevoegsels. Dus: leërs

Wat oor bevrore vlaktes hol en `n vloek uitkreet

In `n veeltongige koor; die tenk se kanonloop

Wat verskriklik groot groei op die straathoek; en om teen skemeraand

`n Kamp van wagtorings en jakkalsdraad binne te ry.


Nee, dit sal nie môre geskied nie. Dalk oor vyf of tien jaar.

Ek tob nog te veel oor die moeders

En wil weet wat is die mens gebore uit die vrou.

Hy lê saamgekrimp en beskerm sy kop

Terwyl swaar stewels hom skop; in fel vlamme hardloop hy,

Hy brand met `n helder vuur; `n stootskraper veeg hom in `n kleikuil.

Haar kind. Wat sy teddiebeer vasklou. In ekstase verwek.


Want ek het nog nie na behore leer praat, met kalmte nie.





 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=259
Artikel nagegaan:
    -