blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Onsdorp, `n virtuele Afrikaanse mikronasie 2005-06-03
Hennie Greef

ONSDORP  is `n Afrikaanse webwerf,  hoofstad van die virtuele mikronasie Kammaland. In Kammaland is die hoofdoel om met tong in die kies pret, tog erns te hê met ons Taal en Kultuur.

 2. Kammaland het twee provinises: Duskantland en Anderkantland. Duskant is Suid-Afrika, en ons noem alle oorsese lande waar Afrikaanse mense woon, Anderkant. Dis een van ons doelstellings om die bande tussen Duskanters en Anderkanters te behou en te versterk.

 3. Onsdorp sluit niemand uit nie. As jy bereid is om in Afrikaans met ons te praat, of selfs om dit net te lees, is jy welkom.

 Ons praat onbeskaamd Afrikaans en bekommer ons oor die welvaart van mense wat Afrikaans praat in Suid-Afrika en dwarsoor die wereld. Daar is `n gesonde debat aan die gang oor die verhouding tussen Duskanters en Anderkanters.

  4. Soos in enige dorp, dryf ons in handel in Onsdorp, vertel ons grappies, hou ons partytjie, doen ons liefdadigheidswerk as daar nood is, en raak ons soms ook ernstig oor sake wat Afrikaanses raak.

  5.Onsdorp stuur elke week n nuusbrief, die Kammanuus uit. Daarin hou ons kontak met al ons mense.

  6.Op ons kerkplein is plek vir Christelike kerke waar elke week preke of boodskappe gelewer word.

  7. Die Dorpsraad is verkiesbaar uit die inwoners en bestaan huidiglik uit 6 lede. Hulle is doelbewus oor die hele aardbol versprei. 

 8.Onsdorp wil ‘n goeie burger van die Afrikaanse Internetgemeenskap wees met  betrekkinge met alle Afrikaanse Webwerwe en e-pos nuusbriewe.

 9.Ons glo dat ons Afrikaanse kultuur werd is om behou en veral geníét te word. Maak nie saak waar jou baksteenhuis in die werklike lewe gelee is nie.

Besoek Onsdorp by www.onsdorp.com, waar jy ook op ons weeklikse nuusbrief kan inteken.

Hennie Greef

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=242
Artikel nagegaan:
    -