blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


`n Toneelopvoering op die Paarl oor 'senior mishandeling' - ten behoewe van straatkinders 2005-06-03
Chris Majiedt

U word hartlik uitgenooi na die toneelopvoering van Dis alweer die bure wat op Vrydag en Saterdag 10 – 11 Junie 2005 om 8 nm. in die Paarl Stadsaal opgevoer sal word. Kaartjies kos R40.

    Omdat die mishandeling van oumense so ‘n alledaagse gebeurtenis in baie van ons gemeentskappe geword het, wil dit voorkom asof dit ons glad nie meer pla nie. Dus vee ons dit maar onder die mat.

    Chris Majiedt het egter besluit om die mat op te lig en die euwel daaronder te ontbloot en deur middel van hierdie toneelstuk, die aandag opnuut daarop te vestig dat oplossings gevind sal moet word.

    In Dis alweer die bure word daar naarstiglik na so ‘n oplossing vir die probleem van die hulpelose Meneer Moolman gesoek.

    Met ‘Senior Mishandeling’ as tema, sal enige stuk potensieel as neerdrukkend voorspel word, maar die teendeel is hier ter sprake.

    Sonder om die aap uit die mou te laat, kan gesê word at die humor, genotvolle vermaak uit die boonste rakke verseker. Daarbenewens lewer die akteurs toneelspel van ‘n baie hoogstaande gehalte en met Shalom Goldstone as Mnr Moolman, Queenie Manuel as Mev Bok, Caitlin Simmers as Wilmien en Chris Majiedt as Dan, kan Dis alweer die bure met reg as ‘n treffer bestempel word.

    Chris Majiedt wat verantwoordelik is vir die teks en regie is ‘n boorling van Kenhardt en met Evangelis as pa trek hulle baie rond. Hy woon tans in Mitchell’s Plain en stig sy eie dramagroep “Die SKIM dramagroep” wat staan vir STRAAT KINDERS IS MENSE. Met sy drama en toneel werk wil hy finansies genereer om ‘n fonds te stig vir ‘n transformasiesentrum vir straatkinders.

    Chris het ‘n uitstekende rol vertolking in Die Ander Marta by vanjaar se KKNK gelewer en baie komplimente vir sy speel vernuf gekry. Dit was Eleanor Baker se hoogs aangeskrewe boek wat deur Celeste Van Rooyen vir die verhoog verwerk is en regie deur Albert Maritz.

CHRIS MAJIEDT 082 511 9096

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=241
Artikel nagegaan:
    -