blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Wen groot met poësiekompetisie! 2005-06-03
Isabeau Botha

    Die Afrikaanse Taalmuseum nooi alle graad 11 en 12 leerders uit om gedigte in te stuur vir ‘n poësiekompetisie. Die wenner ontvang ‘n prys van R1000! Die gedig moet in Afrikaans wees, dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie. Geen handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie en gedigte moet verkieslik nie langer as een A4-grootte bladsy wees nie.

 Gedigte kan ingehandig word by Die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl of e-pos dit na [email protected], of pos dit aan Die Afrikaanse Taalmuseum, Posbus 498, Paarl, 7620. Inskrywingsvorms kan verkry word by Die Afrikaanse Taalmuseum. Navrae kan gerig word aan Catherine Snel by 021 872 3441. Die sluitingsdatum is Vrydag 29 Julie 2005. 
 
Isabeau Botha
Kurator
Die Afrikaanse Taalmuseum
Tel 021 872 3441
Faks 021 871 1106
[email protected]
www.taalmuseum.co.za

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=240
Artikel nagegaan:
    -