blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Sesde jaarlikse W.A. Landman-gedenklesing 2005-05-18
ATKV-tak Centurion

    Die ATKV-tak Centurion bied reeds vir die afgelope vyf jaar elke jaar die W.A. Landman Gedenklesing aan waar daar op onderwys en opvoeding, die Afrikaanse taal en kultuur asook op die Christendom gefokus word.

    Prof. Landman is ‘n deurwinterde onderwysman wat diep spore in die onderwys en onderwysersopleiding getrap het. Sy lesings en handboeke oor die Filosofie van die Opvoeding word nog steeds landwyd by universiteite en biblioteke as studie- en navorsingsmateriaal gebruik. Dit pryk ook nog in menige onderwyser se boekrak.

    Prof. Landman het met sy aftrede ‘n klompie jare gelede, die pos van Adjunk Dekaan by die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria beklee.

    Hy is ‘n bekende en jarelange inwoner van Centurion en het onlangs ‘n reuse taak op sy skouers geneem om die geskiedenis van Centurion te boekstaaf.  

Ons nooi graag enige belangstellende na die sesde W.A. Landman Gedenklesing.

Prof. Willem Landman het vanjaar vir prof. Kas Landman as spreker aangewys.

Datum:                   Dinsdag 31 Mei 2005

Tyd:                      19:00

Plek:                      Centurion Raadsaal (oorkant Unitas Hospitaal, ingang Basdenlaan)

Spreker:                Prof. Kas Landman - bekende Afrikaanse taalkundige

Gaskunstenaars:     ATKV Centurion Sangersforum.
Onderhoude kan gevoer word met Sakkie Kotze (Sel.: 082 925 1488)


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=226
Artikel nagegaan:
    -