blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Help Laerskool Mikro en Kalahari Hoërskool! 2005-05-05
Soos gereelde lesers van Die Vrye Afrikaan weet, het die FAK onlangs saam met `n twintigtal organisasies uit die burgerlike samelewing `n plan van aksie vir die bestendiging van die Afrikaanse onderwys van stapel gestuur. Twee skole staan op die oomblik in die spervuur. Eerstens is daar Laerskool Mirko van Kuilsrivier in die Wes-Kaap, wat voor 29 Mei sowat R500 000 moet insamel om hulle appélsaak teen die Wes-Kaapse Onderwysdepartement te beveg. Die skool wag steeds dringend skenkings in - lees hier meer.

In die Noord-Kaap is `n ander skool, Hoërskool Kalahari, tans onder ontsettende druk, met `n hofsaak teen die Noord-Kaapse Onderwysdepartement betreffende die skool se keuse om Afrikaans te bly. Hierdie plattelandse gemeenskap se bronne is tot die uiterste getap, in so `n mate dat die gevaar bestaan dat hulle nie genoeg fondse vir hul hofsaak op 11, 12 en 13 Mei sal kan insamel nie, met die waarskynlike gevolg dat die skool binnekort nie meer Afrikaans sal wees nie. Lesers kan geld stort in die Die rekening is Seodin Regshulpfonds. Die doel is dat die geld slegs aangewend sal word vir die voorbereiding en vir verskeining in die hofsaak tot en met die 12de Mei. Die fonds sal administreer word deur 'n onafhanklike ouditeur. Donateurs wat hulle besonderhede aan  [email protected] epos of aan 053-712 0529 faks kan die geld terugkry indien die skool `n kostebevel in hul guns kry. Enige gelde wat die donateur nie terugvra nie sal vir onderwys aan die skool aangewend word. Navrae kan aan mnr. Louis Hauman, voorsitter van die beheerliggaam, gerig word by [email protected] .

Die rekeningbesonderhede is:

Seodin Regshulpfonds
Standardbank Kuruman (050-302),
Rek 240 900 979

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=210
Artikel nagegaan:
    -