blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


“Afrikaners, Afrikane en Versoening”, `n gesamentlike seminaar deur die FAK en die Vryheidsparktrust 2005-05-05
“Afrikaners, Afrikane en Versoening”, `n gesamentlike seminaar deur die FAK en die Vryheidsparktrust
Vrydag 6 Mei 2005

Na verskeie ontmoetings tussen die FAK en die Vryheidsparktrust, is op Donderdag 7 Mei 2005 in Pretoria aangekondig dat dié twee instellings op Donderdag 2 Julie 2005 `n gesamentlike openbare byeenkoms gaan hou oor die tema “Afrikaners, Afrikane en Versoening”. Dié aankondiging volg op `n gesprek wat die Vryheidsparktrust oorspronklik laat in 2004 met die FAK aangevra het in `n poging om beter begrip te kry oor die redes waarom Afrikaners oor die algemeen min deelneem aan nasionale versoeningsaksies. Volgens prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, is dit veral toe te skryf aan die feit dat versoening toenemend verstaatlik is, terwyl versoening in die eerste plek “tussen gemeenskappe moet plaasvind.” Goosen het gesê die FAK “is verheug oor hierdie betekenisvolle aankondiging, en sien uit na kans om binne die FAK se visie van die samewerking tussen Afrikaner en Afrikaan oor hierdie belangrike tema te ontmoet”. Verdere besondere oor die program sal aanstons bekendgemaak word.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=211
Artikel nagegaan:
    -