blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


 
Laerskool Mikro se noodroep: "Help ons in ons appélsaak" 2005-04-15
Beheerliggaam: Laerskool Mikro


LAERSKOOL MIKRO
BEHEERLIGGAAM
 903-2126 SPRUITSTRAAT POSBUS 53
FAKS: 903-2523 KUILSRIVIER KUILSRIVIER
E-pos: [email protected] 7580 7579
Webwerf: www.mikro.virafrikaans.com


Datum: 15 April 2005

BEDANKING VIR WONDERLIKE ONDERSTEUNING VAN LAERSKOOL MIKRO

Baie dankie vir die oorweldigende aantal boodskappe van ondersteuning aan Laerskool Mikro die afgelope weke in ons strewe om te staan vir die regte van ons as ouers wat gehalteonderwys wil verseker. Dit was vir ons verblydend dat ons gelukwensing van alle oorde ontvang het – vanuit ons Kuilsrivier-gemeenskap, vanuit die Wes-Kaap, vanuit ander provinsies en selfs enkele boodskappe vanuit die buiteland. Ons mees verblydende indruk was dat daardie ondersteuning vanuit 'n groot verskeidenheid kultuur- en taalgroepe gekom het (bruin, swart, wit – Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu).

Na die hofuitspraak van 18 Februarie 2005, toe alle aspekte van die hofsaak in Laerskool Mikro se guns toegestaan is, was daar baie vrae aan ons gerig oor hoe ons voel nou dat Laerskool Mikro die hofsaak "gewen“ het. Ons mening was en is steeds dat hier nie 'n "wenner“ is nie, hier is net verloorders, en daardie verloorders is die kinders. Ons het na afloop van die hofsaak 'n hand van versoening uitgereik, ongelukkig het nog niemand daardie hand gevat nie – ons staan wel aan die vooraand van 'n appél deur die Wes-Kaap Onderwys Departement (WKOD) teen die uitspraak van die hof.

As gevolg van die aksies van die WKOD om Laerskool Mikro se taal- en toelatingsbeleid teen die wense van die ouers te verander, moes die skool wesenlike onbegrote regskostes aangegaan. Die regstreekse regskoste staan tans by ongeveer R390 000.

Ons poog nou om fondse bymekaar te maak om daardie regskostes te betaal.

Indien u graag 'n bydrae wil maak – groot of klein, kan u Laerskool Mikro kontak by 021-9032126 of 'n bedrag in die volgende trustrekening betaal:

Rekeninghouer: Frost, Reddering en Vennote
Bank: Eerste Nasionale Bank
Takkode: 200310
Rekeningnr.: 62055663887
Verw: Dui aan die naam "Mikro" asook u naam en telefoonnommer

Ons as ouers van Laerskool Mikro wil graag voortgaan met ons saak om gehalteonderwys vir ons kinders (wit, bruin, swart) binne die norme van ons land se Grondwet en die Skolewet met 'n fokus op die toekoms, te verseker.

Nogmals dankie vir almal se woorde van ondersteuning

Erhard E.H. Wolf
Voorsitter: Beheerliggaam, Laerskool Mikro


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=185
Artikel nagegaan:
    -