blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


FAK veroordeel protes teen Afrikaans by die Universiteit van Johannesburg (2005-02-22) 2005-02-24
FAK veroordeel protes teen Afrikaans by die Universiteit van Johannesburg (2005-02-22)

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) veroordeel die ongeregverdigde studenteprotes teen onderrig in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg die afgelope Maandag. Terwyl die FAK simpatie met veral voorheen benadeelde studente het wat nou die prys vir die swakbeplande rasionalisasie van Suid-Afrika se hoëronderwysstelsel betaal, kan Afrikaans nie die sondebok hiervoor gemaak word nie. Die FAK doen 'n beroep op die bestuur van die Universiteit van Johannesburg sowel as die Minister van Onderwys om maatreëls te ondersoek om die toegang van die gegriefde studente tot gehalteonderrig te verbeter sonder om Afrikaanse studente se toegang tot gehalteonderrig verder te ondermyn deur die verdiepte marginalisering van Afrikaans by die Universiteit van Johannesburg. Maatreëls wat ondersoek kan word, sluit die tolking van klasse in die moedertale van daardie studente in, sowel as die verbeterde onderrig in ander inheemse tale buiten Afrikaans.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=141
Artikel nagegaan:
    -