blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


FAK verwelkom Laerskool Mikro hofuitspraak met voorbehoude (2005-02-18) 2005-02-24
FAK VERWELKOM LAERSKOOL MIKRO HOFUITSPRAAK MET VOORBEHOUDE

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) is verheug oor vandag se hofuitspraak ten gunste van Laerskool Mikro. Die FAK neem egter met spyt kennis van die voorneme van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement om die saak op appél na die Grondwetlike Hof te neem.

Die FAK is tans besig om die breë Afrikaanse kultuurhuishouding te raadpleeg oor die voortslepende krisis rondom Afrikaanse skole, en ‘n openbare aankondiging hieroor sal aanstaande Vrydag, 25 Februarie, tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gemaak word.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=138
Artikel nagegaan:
    -