blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


'n Voorstel om Afrikaanse skole te help deur Christa van Wyk met kommentaar van ons redakteur 2005-02-24
Christa van Wyk, Pretoria

Na aanleiding van ons kommentaar oor die krisis in Suid-Afrikaanse onderwys skryf Christa van Wyk van Pretoria op 4 Februarie 2005:

Ek deel die kommer oor Afrikaanse skole. Afrikaners moet hul koopkrag inspan om te help. Woolworths het byvoorbeeld 'n stelsel waarvolgens kopers 'n skool kan uitwys waarheen Woolworths 'n persentasie (weliswaar klein) van alle aankope sal stuur. Miskien kan Afrikaanse skole met die grootste geldelike behoeftes van hulle laat hoor?

Ons redakteur antwoord:

Uitstekende voorstel, me. Van Wyk. Wees op die uitkyk vir ‘n plan van aksie met Afrikaanse onderwys wat eersdaags aangekondig word, en waarby gemeenskapsgerigte idees soos hierdie sekerlik nuttig sal wees.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=137
Artikel nagegaan:
    -