blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Huil die Leser vra om kortprosa en poësie in Die Vrye Afrikaan 2005-02-24
Huil die Leser

Op 21 Desember 2004 skryf Huil die Leser van Vredehoek, Kaapstad:

Behalwe NetFiksie op LitNet en tot 'n mate Insig is daar darem bitter weinig publikasies wat kortverhale in Afrikaans publiseer. Dit sal baie welkom wees as Die Vrye Afrikaan of die FAK dalk een van die dae die moontlikheid ondersoek van 'n publikasie wat Afrikaanse kortverhale publiseer. Dalk iets soos 'n Afrikaanse weergawe van Granta...

Ons redakteur antwoord:

Dankie vir u uitstekende voorstel. Twee van ons redaksielede, die letterkundige Ampie Coetzee en die skrywer John Miles het ingewillig om op te tree as keurders vir kortprosa of poësie wat aan Die Vrye Afrikaan voorgelê word met die oog op moontlike publikasie in ons maanduitgawe. Lesers word hiermee uitgenooi om hul skryfwerk te stuur aan [email protected]


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=136
Artikel nagegaan:
    -