blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Trefbeeld: Slick 2008-02-12
Nicola Grobler


My vorige uitstalling was geïnspireer deur die oggendgeluide van my buurt in Kaapstad. ’n Mens kan raai watter dag van die week dit is, deur te luister na hoe effektief mense hul motoralarms afskakel. Weeksdae sal goed geleerde salaristrekkers hul alarms sonder haakplek hanteer. Naweke is natuurlik ’n ander storie… Die geluid van loeiende motoralarms en meganiese piepgeluide is nou meer algemeen as die geroep van voëls.

“4 Auto-Stroke” het gepraat oor die verhouding wat mense in Suid-Afrika met hul motors het. Hierde werk, “Slick”, gaan meer spesifiek oor die na-effek van ons obsessie met motors.

Met die wêreldtwis oor olie en natuurbronne wat uitgeput word, skuif ons samelewing na ’n desperate situasie. Die brander verwys na ’n apokoliptiese visie van die toekoms waar natuurfratse die mensdom bedreig. Oliepoele, in die vorm van kraaie, omsingel die brander. Die reuk van afgetapte motor-olie dra by tot die atmosfeer.

Vir meer inligting oor díe werk, besoek gerus www.paperflight.com


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=976
Artikel nagegaan:
    -