blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


DIE FAK PRAAT MET DIE AFRIKANERBOND 2004-11-11

"Nasionale eenheid in Suid-Afrika moet nie bedink word vanuit 'n geslote en verstikkende opvatting daarvan nie. Eenheid moet eerder vanuit 'n sin vir die veelheid van de mokratiese gemeenskappe bedink word."

Dit was die essensie van die boodskap wat die FAK in 'n gesprek op Woensdag die 10de November aan die Afrikanerbond oorgedra het. Die gesprek met die AB het op versoek van die FAK plaasgevind.

Volgens 'n woordvoerder van die FAK was die gesprek met die AB 'n hartlike dog indringende gesprek. Verskeie gemeenskaplike probleme wat die Afrikanergemeenskap tans ervaar, is op 'n deurtastende wyse bespreek.

Tydens die gesprek het die FAK ook die noodsaak van 'n nuwe en de mokratiese idee van gemeenskap onder Afrikaners bepleit. "Ons moet weg kom van die ou rassistiese en onde mokratiese opvatting van onsself. Eweneens moet ons wegkom van die selfontkenning waaraan Afrikaners nog steeds ly," is gesê.

"Tegelyk kan die idee van 'n Afrika van selfrespekterende gemeenskappe die weg open vir 'n kreatiewe verstandhouding tussen die veelheid van gemeenskappe op ons kontinent."

Die FAK-afvaardiging het onder leiding van prof. Danie Goosen gestaan, terwyl die AB-afvaardiging deur Deon van Garderen, AB-voorsitter, gelei is.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=73
Artikel nagegaan:
    -