blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Rock-kroniek: Bob Dylan: Profeet, wysgeer of siener? 2006-12-11
Shiloh Noone

*Skrywer van die rock-ensiklopedie Seeker’s Guide to the Rhythms of Yesteryear, [email protected]


Bob Dylan (Robert Zimmerman) het met sy eerste opdrag as pianis vir Bobby Vee die lyftaal en gebare van Charlie Chaplin nagevolg. Sy eerste liriek, op 15 jaar, het hy vir Brigitte Bardot geskryf. Sy debuutopname was op die harmonika, in Carolyn Hester se folk-album. Vantevore was hy weens ernstige siekte drie jaar lank bedlêend. En dalk hier tussen lewe en dood het hy die evangeliese lig van die blues ontdek. Danksy Peter Paul & Mary is Bob se “Blowing In The Wind” (vermoedelik ’n Lorre Wyatt-vers) tot in die verste uithoeke van die wêreld gedra en het dit aansien verleen aan hierdie jong folk-dissipel wat die lewens van sovele, insluitende die Beatles, sou verander. Onder sterk invloed van Kant se leerstellinge was Bob se eerste kennismaking met die Greenwich-straatmusiek Josh White se hoerhuistribuut genaamd “House of the Rising Sun” debuutlied vir The Animals, en Ric Van Smidt se “Baby Let Me Follow You Down”. The Animals het albei ingesluit. Die oudste liriek wat Bob ooit opgeneem het, was die herlewing van ’n Apallachiese ballade, “Moonshiner”, op die klankbaan van Songcatcher. Sy minnares en vriendin, Joan Baez, het die jong Dylan tot groter hoogtes gevoer met ’n verbysterende weergawe van “Forever Young” and “I Shall Be Released”. Suid-Afrikaansgebore Manfred Mann het letterlik in Dylan se musiek gebaai en in die 60’s en 70’s tweemaal skoonskip gemaak op die trefferparades met “Mighty Quinn”.

 

In die Protestrein

 

Teen die middel 60’s het Bob die protestrein gehaal met ’n bitter aanval teen die Viëtnamese konflik in sy “Masters of War”, gevolg deur ’n verdere antikernbombetoog “A Hard Rain’s Gonna Fall”, behoorlik uitgedawer in die “Concert For Bangladesh”. Bob het almal se lewens aangeraak deur Jimi Hendrix se evangeliese vertolking van sy “All Along the Watch Tower”, en die Byrds se ophemeling van sy “Tambourine Man”, liedjie oor ’n dwelmhandelaar. In 1965 ‘gaan’ Bob elektronies en word hy deur die puriste van die verhoog af gehekel, maar hy bereik nogtans in 1966 volwasse diepgang met sy eie dubbelalbum Blonde on Blonde - ’n moet vir elke skolier.

 

Jesus Red

 

Teen die middel 70’s word Bob, aartsortodokse Jood, ’n messiaanse gelowige met die vrystelling van sy omstrede Saved, gevolg deur ’n verdere getuienis, die verstommende Slow Train Coming met Dire Straits se Mark Knopfler waaroor dié opgemerk het “Dit mag die Duiwel wees, dit mag die Here wees, maar jy gaan iemand moet dien …”Met die gang van die tyd in ’n wêreld wat vasgevang is in oorloë en rampe, maak Dylan se musiek al hoe meer sin en tref dit nog dieper as 9/11, ’n ramp wat hy woord vir woord voorspel op ’n album wat dieselfde dag vrygestel word: Love & Theft. Soekers na Salomo se verborge akkoord (Hidden Chord) kan gerus die voorheen teruggehoude weergawe probeer opspoor van “Every Grain of Sand”: “In the Fury of the Battle you have to see the master’s hand, in every leaf that trembles and in every grain of sand I’m hanging in the belly of a perfect unfinished plan…” Verdere waarheid deur liedjies soos die aardse “Blind Willie McTell”, die nievrygestelde Desire-snit, “Abandoned Love”, word prominent aangebied in sy Biografiese CD-versamelstel, Biograph Box. Bob het so ’n belangrike rol gespeel op soveel klankbane, by name die teer “You Belong to Me”, wat Natural Born Killers saggemaak en in Shrek herleef het. ’n Vreesaanjaende weergawe van “Shelter from the Storm” het die IRA-klankbaan Jerry McGuire afgesluit, maar wie kan ooit “Knocking on Heaven’s Door” van Pat Garrett en Billy the Kid (Clapton in reggae-styl) vergeet?

 

Dis ’n politieke wêreld

 

Drie maande gelede het die 65-jarige Bob Dylan deur die trefferlyste geswiep met sy profetiese Modern Times-album wat in agt lande die toptreffer was. Die laaste keer dat flenter-Bob deur die trefferlyste gesteier het, was in 1976 met sy sigeuneragtige Desire, wat aan die sonnige “Mozambique” evangeliese status verleen het, as temaliedjie vir Suid-Afrikaanse troepies wat in die Angolees/Mosambiekse bosoorlog vasgevang was. Eienaardig genoeg het hierdie begeesterende album weer herrys tydens die millenium-oorgang, toe die klanksnit “Like a Hurricane” (tribuut aan bokser Rubin Carter) deur die herinneringe getol het van diegene wat al vergeet het hoe rassisties die VSA tydens die burgerlike oproere was. Dylan se uiterste politieke kragtoer in hierdie verband was die dawerende “Ballad of a Thin Man” (beter uitgedruk deur Sloane se Grass Roots). Hierdie liriek was ’n kortstondige aanklag teen die Amerikaanse staat, maar het uiteindelik beestelike afmetings aangeneem en die wesensessensie van wit Amerika vertrap en vermink. Die militante Amerikaanse leier, George Jackson, het die Black Panthers as’t ware uitgebroei onder die klanke van hierdie liedjie …

Teen die middel 80’s het Bob dit rasend uitgedreun in sy Oh Mercy, wat die Dobro-deurweefde “Political World”, met vergunning van Daniel Lanois, Peter Gabriel se regterhand, opgelewer het. Die album het ook die nostalgiese “Man in the Long Black Coat” (Jesus of Johnny Cash?) opgelewer. Onlangs het Dylan ook Timrod se “Charleston” aangehaal in “Cross the Green Mountain,” ’n liedjie wat sy bydrae was tot die klankbaan van Gods and Generals , ’n film oor die Burgeroorlog van 2003. (Bob word aangehaal as sou hy net geproe het aan die vers, geen plagiaat nie?) Bob se laaste protesaksie het twaalf jaar tevore plaasgevind, maar persoonlik was hierdie Burgeroorlogsnabetragting nader aan die Zimmermann-sjabloon, ’n vergesogte dimensie van die tans sogenaamd rekordverpletterende Grammy Modern Times, waaroor almal so dweep.

Terwyl ons nou die dae so aftel tot by Armageddon, laat die besinnende “Senor”, (“tales of Yankee power - nothing has changed…” jou beker vul. “The good book says deep reaches unto deep so if you in that shallow grave have time to rise up and face the crackled light of Dylan.”  

(Ek herinner my nog hoe die agbare Minister Piet Koornhof my op die Strand-golfbaan meegedeel het dat toe PW Botha rock-musiek so aangeval het, hy nie na die nasale Robert Dylan verwys het nie… Ja-nee, ek het geswyg terwyl ons by die vierde putjie afgeslaan het, en my hou gemoker tot in Blikkiesdorp, soos dit destyds bekend was).

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=795
Artikel nagegaan:
    -