blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Met verwysing na Johann Rossouw se artikel “Waarom geweld SA oorspoel” (Die Vrye Afrikaan, 17/11/2006) skryf Lalie du Toit van Pretoria 2006-12-11

Dankie vir u briljante artikel wat aansluit by ander artikels wat ek voorheen gelees het. Onvermoë en onkundigheid word gedurig as verskoning aangebied vir wetteloosheid en geweld. Monopolistiese bedrywe se reg om wettige plundering in SA toe te pas bewys egter die teendeel. Wetteloosheid en geweld is die gevolg van ’n goed beplande, en hoogs georganiseerde samesweringsaksie wat sistematies geïmplimenteer word. Hierdie situasie is kenmerkend aan ’n sosialistiese ekonomiese model.

      Die volwasse publiek word doelbewus vermaak onder gr.6-vlak. Hulle word besig gehou buite gesinsverband, en geïsoleer van gesins- en gemeenskapsaktiwiteite. Kulture van orde word omskep in kulture van wanorde en immoraliteit. Die hoë egskeidingsyfer wat volg bedreig kinders se emosionele en verstandelike ontwikkeling. Gewelddadigheid en ’n gepeupelklas ontstaan. Die enigste doelwit van so ’n ekonomiese model is dus om ’n goed beheerde projektiel te word wat sy teiken kan tref.

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=775
Artikel nagegaan:
    -