|
||||
Katja Gentric Deur Katja Gentric, kunstenaar, kunshistorikus en assistant van Willem Boshoff, en Andrew Munnik, kunstenaar *Hierdie gesprek is met Boshoff gevoer na aanleiding van sy onlangse uitstalling NONPLUSSED waarvan die katalogus beskikbaar is by die Goodman-galery, Rosebank, Johannesburg Andrew Munnik: Waarom ka moefleer jy daardie gereedskap met woorde? (Hy bedoel SDROW FO NWODKAERB.) Bestaan daar 'n verband tussen die teks en ‘bedekking’? Willem Boshoff: Die teks is dood, die woord is dood. Hulle is in 'n begraafplaas genaamd die woordeboek. Ek ontdek dat hulle vandag relevant is, maar hulle is 'n liefs vergete herinnering. Die mens is die resultaat van die gereedskap wat hy gemaak het en die woorde wat hy geskep het. Dit is interessant dat die woord ‘saad’ ook 'n ‘woord’ is, in Latyn ‘semen’; 'n seminaar is waar ons sade saai, en om met iemand te praat, is soos om sade te saai. Hierdie werke is so fyn gesaai; hulle is soos 'n veld, 'n uitwas van talige kompleksiteit. Woorde skep meer verwarring as ontwarring. Die gereedskap in hierdie werk is ou gereedskap. Ons gebruik nie meer hierdie gereedskap nie. So, ek het verouderde gereedskap verbind met ouderwetse woorde, omdat ons net so verwar en verstrik word in die gereedskap as in die woorde wat ons geskep het. AM: Die teks waarmee jy ka moefleer is in kolomme gedruk. Gebruik jy hierdie elemente om een of ander sin van orde te skep, amper soos 'n geploegde land met gesaaides? WB: Kolomme probeer stabiliteit skep, grafies, soos in 'n teleskoop. Woordeboeke is navigasiegereedskap. Jy kan elke woord in die alfabet van A na B na C plaas. So, die kolomme is in die lengte- en breedtelyne op 'n kaart. Maar ironies is hulle ook 'n labirint. Dit is moeilik om te onderskei tussen taal en gereedskap, woorde is Daedaliaans… Hulle is geneig om jou op 'n dwaalspoor te bring, maak nie saak hoeveel jy jou dogma of jou credo probeer wanneer jy na die sinagoge, kerk of masjid gaan nie. Dogma is die ding waaroor mense baklei – ek is teen boeke. Boeke is tronke, hulle verslaaf ons; boeke is vierkantig, hulle lyk soos tronke. Die regte lewe is ietwat meer ineengerol. Ons dink nie soos ons boeke uitgelê is nie. Ons verstande het nie 'n begin en 'n einde nie. Ons koppe is meer soos 'n tuimeldroër of 'n rekenaar. Ons kan dinge groter of kleiner in ons koppe maak. Ons kan dinge uit ons bewussyn smyt en ons kan besluit om dinge in te neem. Boeke kan slegs wees op die manier wat hulle is; wat geskryf is, is geskryf en dit is die gevaarlikste ding om te gebeur. Katja Gentric: Wat dan, in hierdie konteks, van die vroeëre boekwerke wat jy gemaak het, die boeke in driedimensionele vorm? WB: Die eerste boek wat ek gemaak het, was getitel Tafelboek, toe Kasboek, wat 'n ge mors is van splinters versigtig aanmekaar geplak. As dit toe is, lyk dit soos 'n kas met reghoekige kante. Oop is dit 'n kruis. Kasboek is gemaak omdat die Woord van God gekruisig word. Die Woord van God… Ek het my lewe lank met woorde gewerk. Ek het myself afgevra watter bewaringsmetode ons vir die Woord van God het? — Ons het boeke. Al ons taal, al ons gedagtes is in boeke bewaar. Biblioteke is bome, omdat boeke bloot gevelde, opgeslaande bome is. Dit is 'n kruisiging van die boom self en Christus is aan 'n soort boom gekruisig. In die Boek van Genesis word ons aangesê om nie van die vrugte van 'n boom te eet nie, van kennis… van goed en kwaad. Maar wat die vrug van die Boom van Kennis is… is 'n boek. Papier onder 'n mikroskoop is splinters en vesels, interwarring. In Kasboek het ek 'n mikroskopiese visie geskep van 'n boom, die woud van splinters. Boeke gaan nie meer veel langer gemaak word nie. Ek hoop dat daar 'n ander oplossing sal wees. Hierdie eerste boeke wat ek gemaak het, handel oor stelsels vir die storing van inligting, en dat hierdie stelsels verraderlik is. KG: In daardie sin is SDROW FO NWODKAERB steeds dieselfde as Kasboek? WB: Ja, in Kasboek is die woorde splinters en pulp. SDROW FO NWODKAERB spreek die fragmentering van taal en sintaksis aan. Die Griekse woord ‘sintaksis’ beteken om te rangskik en te orden. Sintaksis is om betekenis te maak of te konstrueer. Dit lyk of taalkundiges die woord in 'n beperkte sin vir die konstruksie van sinne gebruik… om iemand te insemineer, is om hulle swanger te maak met 'n kind of met nuwe denke. Ek werk regstreeks met sade en plantelemente. Die grond is vir sade wat papier vir woorde is. KG: Andrew weet van grond in NONPLUSSED. AM: Ja, ek tel dit op en plak dit neer. Wat van die oop Bybels en daardie beddens (hy verwys na SKOOB). Ek sien hulle as beddings, saadbeddings. Is daar 'n verhouding tussen Boom van Kennis en oop Bybel? WB: Die Bybel is 'n rangskikking van die vrugte van die Boom van Kennis, is boek, is papier. Die vrugte van die Boom van Kennis is wat ons nie toegelaat word om te eet nie en om te eet is om te oes. Wanneer jy 'n boek lees, is dit om kennis te oes. Deesdae het ons rekenaars. Ons het nuwe maniere om kennis te oes, om die vrug van die boom van ons bedoelings en gedagtes te vind. Dit is heel anders om 'n boek te lees. AM: So as jy 200 Bybels elk in 'n ander taal lees, impliseer jy dat as almal van hierdie Boom van Kennis geleer het die resultaat meer har monie kan wees of nie? WB: Die kennis van ‘goed en kwaad’ is so bevrydend as wat dit verslawend is. Dit hou mense gevange. Hoe meer jy oor die bedoeling daarvan dink, hoe meer word jy die slaaf van wat jy dink dit mag wees en dit was altyd deel van wat ‘geskryf’ is, dogma. Dogma, waarmee ons onsself verstrik, sou nie sonder skrif bestaan het nie. Ongeletterde samelewings hoef nie die oorloë te veg wat ons veg nie. Die teks van die Bybel het meer oorloë as die teks van enige ander boek veroorsaak, so miskien weens wanvertolking of willekeurige vertolking of… AM: Ek het gewonder… elke persoon sal die Bybel vertolk en manipuleer weens sy kultuur en sy plek op die planeet, hoe hy groot word, spraak… Ek bedoel, as jy Chinees is, is daar sekere dinge waarvoor jy nie omgee nie… WB: Toegegee, elkeen moet vertolk by grasie van sy kulturele agtergrond, maar die mense in mag voel dat as gevolg van wie hulle is, moet hulle noodwendig op 'n sekere onderduimse manier vertolk sodat mense ‘waar sal wees’ – ‘Waar teenoor wat?’ – uiteindelik word ‘waarheid’ 'n instrument van die dood, gewoonlik om ander mense se grond te steel. AM: …Ek sal nie 'n Chinese Christen eien nie omdat hy so anders is as wat ek dink 'n Christen moet wees… WB: Jy’s reg, meer Christene het teen mekaar geveg as enige ander groep en dit is weens dogma! KG: Die logiese verband tussen die werke in NONPLUSSED bestaan miskien deur die verhaal van Babel (waarna jy in etlike werke verwys). Om te vereenvoudig: mense was veronderstel om dieselfde taal te praat ten einde iets saam te bou tot op die tydstip wat hulle mekaar verloor het… WB: In NONPLUSSED het ek gevoel dat die ‘goeie’ mense van die wêreld lyk asof hulle die slegste en die valsste is en daarop uit om grond te steel. Dit het gelyk asof die ‘slegte’ mense moes lewer… sodat hierdie ryk mense, wat besig was om hulle weens Christelike indoktrinasie dood te pers, nog ryker kon word. Sommige ‘terroriste’ behoort ‘vreedsame burgers’ genoem te word. Sommige ‘bevrydingsmagte’ behoort ‘terroristies’ genoem te word weens die aanmatigende wyse waarop hulle hul woorde verdraai het ten einde hul eie politieke tred te pas. Ek dink woorde is vir almal 'n nagmerrie omdat sekere ‘goeie’ mense die Bybel lees. AM: Maar is dit die Bybel se skuld? WB: Nee, dit is nie die Bybel se skuld nie. Mense bring willens en wetens 'n voorwendsel en 'n konteks. Boeke in sigself is nie boos nie… AM: Ek veronderstel ek sê dit is die mense wat die Bybel geskryf het se skuld as gevolg van die oopeindigheid… WB: Dit is baie erger as dit – nie net die Bybel word vertolk nie, maar ganse wetlike stelsels. Hierdie ‘goeie mense’ van die wêreld en die ‘bevrydingsmagte’ beskik oor omvattende kennis van die reg. Die twee hoofkarakters in die sage wat ons die Irak-oorlog noem was na Harvard en Oxford. Ek dink nie hulle weet enigiets van mense nie; hulle weet slegs hoe om woorde te verdraai en geld uit 'n goeie transaksie te maak. KG: In BREAD AND PEBBLE ROAD MAP is daar nog 'n manier om woorde te gebruik: name. Ons het die Arabiese name en hul vertalings geskryf, met Anwar wat byvoorbeeld ‘lig’ beteken, of Yasser ‘rykdom, gemak’… WB: …dis name met substansie, ‘goeie’ name… onskuldige dinge van die lewe. AM: …ons het hulle op brood en klippe geskryf, hulle kan nou fisies as wapen gebruik word… WB: As ek 'n klip het en jou naam daarop skryf, beteken dit ‘Ek gaan hierdie klip met jou naam na jou gooi.’ Maar as ek 'n klip met my eie naam het, beteken dit eenvoudig: ‘Is dit my klip? Waar is my grond? Ek wil net weet wat gebeur het met wat ek eens gehad het… Iemand het dit gesteel en my 'n booswig en 'n slagoffer gemaak, waarom moet ek wees waar ek is? Waar is ek? Ek word met net 'n klip gelaat… KG: Ons het gepraat oor die teks, die woord, die boek; ons het geëindig by grond en nou praat ons oor grond as besitting… WB: As jy 'n teks in 'n boek sit, is dit nie permanent nie en sal dit mettertyd verdwyn. Maar as jy dit op 'n klip graveer, is die aanname dat dit permanent sal wees. In die ROADMAP hoop ek dat hulle vir ewig sal hou. Abraham het Hagar en Ismael in die woestyn gegooi omdat hy laasgenoemde as 'n basterseun beskou het, en al Ismael se kinders is sedertdien in die woestyn gegooi… Maar aan Ismael is gesê: “Jou kinders sal wees soos die sand van die see, jy hoef nie vergete te wees nie, jy gaan vir altyd 'n groot nasie wees.” Ek sal hierdie gedagte verder wil voer. Daar is 'n reël van Shakespeare, “the evil that men do is written in stone, the good is written in water”. Ek beplan dus 'n werk waar ek in water skryf… |