|
||||
In vandeesmaand se dossier “Staat en infrastruktuur” kyk Die Vrye Afrikaan na die verhouding tussen dié twee. Die eerste van ons twee bydraes is deur ’n voormalige direkteur-generaal van Waterwese en Bosbou, Mike Muller, wat wys op die gaping tussen politieke ideale en die werklikhede van infrastruktuur. Tweedens kyk ’n voormalige adjunk-direkteurgeneraal van Vervoer, Malcolm Mitchell, na gebreke in die padstelsel. |