|
||||
Carel Stander *Direksielid, FAK en voorsitter van die betrokke monument se trusteeraad
Op 16 Desember 1940 word ’n Gedenknaald ter ere van Casparus Hildebrand op die plaas Kraalbosdam te Darling onthul en tree wyle dr. DF Malan op as die hoofredenaar. Dr.Malan verwys in sy rede onder meer na die opofferende rol van die Kaaplanders en meer spesifiek die Kaapse rebelle in die Vryheidstryd van die Republieke en spreek die wens uit dat ’n monument opgerig word ter ere van hierdie dapper manne en vroue. In die testament van wyle PR de Villiers word ’n nalating soos volg verwoord: “Vir ANGLO-BOER OORLOG MONUMENT nog te worde opgerig 50 (vyftig) jaar vanaf hede £5000 (Vyfduisend pond).” Die testament is gedateer op 14 November 1951. Op 14 November 2001 was hierdie bedrag beskikbaar en beloop dit met rente oor 50 jaar nagenoeg R 440 000-00. Wyle Mnr. (Oom Paultjie) de Villiers se familie is van Stellenbosch en het hy die laaste 20 jaar van sy lewe daar gewoon en is daar begrawe. Die FAK word in 1999 versoek om gevolg aan die bepalings van die testament te gee en tree ook as fasiliteerder in die proses op. Later is ’n onafhanklike trust geskep om in oorleg met Sanlam Trust, die trustee in die boedel, die werk te onderneem en die ABO-monument later instand te hou. Hierdie projek het wye steun en praktiese hulp van die ledeorganisies van die FAK onder meer die Afrikanerbond, die Rapportryerbeweging, die Voortrekkers, die Vriende van Afrikaans en andere ontvang. Op Laborie is in die destydse akkerboskampeerterrein twee massavergaderings gehou waar byna 2000 vroue midde-in die Anglo-Boeroorlog teenwoordig was en waarop teen die anneksasie van die Boererepublike, die verskroeide-aarde-beleid, die konsentrasiekampe en die wegvoer van bannelinge betoog is. Hierdie vergaderings is toegespreek deur Maria Koopmans de Wet, wat 16 750 handtekeninge ingesamel het en ’n petisie teen die Britse oorlogspoging aan koningin Victoria gestuur het. Wyle oom Paultjie de Villiers se moeder was volgens inligting voorsitter van een van hierdie vergaderings. Die voorstelle van drie beeldhouers is verkry en daar is in oorleg met historici en skeppende kunstenaars besluit op die voorstel van mnr. Johan Moolman van Groot-Marico. Die monument bestaan uit vier hoofelemente, namlik die twee lewensgroot beelde, manlik en vroulik, sewe reliëfpanele, ’n steen in swart graniet met toepaslike woorde van Maria Koopmans-De Wet en ’n sirkelring van granietstene met die name van die Rebelle-dorpe van die destydse Kaapkolonie. Die monument word pragtig aangevul deur die natuur self wat bestaan uit ’n koppie met granietrotse, eike- en olienhoutbome, inderdaad ’n plek vir stille bepeinsing. Die naakte manlike figuur beeld die Rebel uit wat teen Onreg in opstand kom. Hy staan met sy rug in ’n driehoek van glaspanele simbolies vasgevang tussen twee opponerende magte, naamlik Lojaliteit aan die Britse Koloniale regering en lojaliteit aan sy volksgenote in die destydse twee republieke. Die vroulike beeld met haar kop kaal geskeer se bene en arms is simbolies deur doekwindsels deur wette en voorskrifte gebind. Boonop was sy sonder stemreg en van alle mag ontneem. Simbolies is sy die steunpilaar van haar volk. Die sewe panele is soos volg: · |