blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Na aanleiding van ons kommentaar “High Noon op Stellenbosch” (Die Vrye Afrikaan-Intussen, 28 Oktober 2005), skryf Idilette van Deventer van Stellenbosch 2006-01-16

Die opskrif van die artikel moes seker reeds as waarskuwing gedien het dat die artikel nie 'n gebalanseerde mening sou weerspieël nie. Onaanvaarbaar egter is die sin "(Ofskoon dié verklaring volgens Die Burger op die webwerf van die US sou verskyn, kon Die Vrye Afrikaan dit nie vind nie, en bespiegel ons liefs nie hieroor nie…)", wat op verdagmakery dui. Die artikel verskyn inderdaad op die US-webblad [http://www.sun.ac.za/News/MatiesNewsItem_Afr.asp?Lang=1&ItemID=8973&Zone=AEX] en is toeganklik vir diegene wat die baie prominente skakel regs op die webblad druk. Hierdie ooglopende oorsig plaas u tydskrif en die saak waarvoor dit veronderstel is om te staan, onder verdenking.

 

Dankie vir u korreksie van ons oorsig. Eerder as om Die Vrye Afrikaan onder verdenking te stel, is die vraag waarom die historiese vertrouensverhouding tussen die US en sy tradisionele voedingsgemeenskap tans so swak is dat ook ons iets sinisters vermoed het waar dit nie was nie. – Red.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=431
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -