blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Gedig deur Wilhelm Knobel 2005-11-16
Die volgende ongepubliseerde satiriese politieke gedig is uit die pen van Wilhelm Knobel, wat op 26 Oktober 70 sou gewees het. Die Vrye Afrikaan bedank graag sy broer, dr. Deon Knobel, wat aan ons toestemming verleen het om dit te publiseer:
 
 

TOE MNR. X BY DIE POORT KOM

 toe mnr. X by die poort kom was daar ’n effense gedrang

maar selfs sy posisie en status het niks gebaat

om vir hom ’n plekkie voor in die ry te konkel nie

toe hy uiteindelik aan die beurt kom het hy aangedring op ‘n

 verklaring

Petrus was apologeties en hulpvaardig soos altyd

maar het hom verseker daar kan niks aan gedoen  word nie:

omdat almal se kleur hier dieselfde is

   - om die waarheid te sê kom dit neer op ’n betreurenswaardige

  gebrek aan kleur –

is dit nutteloos om op die kosyn die kennisgewing aan te bring

Net vir Blankes

dus neem dit ’n tydjie om vir elke nuweling die rekords na te slaan

om seker te maak of hy nie dalk ’n pas moes dra nie

en om vir diegene soos hy, mnr. X, te verduidelik

dat niemand hier voorkeur geniet nie

selfs nie Calviniste nie

 

(1969)


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=403
Artikel nagegaan:
    -