blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Na aanleiding van die artikel “Die Hervorming van die Verenigde Nasies” deur Samantha Power (Die Vrye Afrikaan, 2005/9/16), skryf Piet van Pretoria (met kommentaar van ons redakteur) 2005-10-19

Ek is dankbaar vir hierdie vars artikel wat onder meer Bush se tragiese magspolitiek uitwys - hoe swaar belaai hy nie ons wêreld met sy eie skewe magsbeheptheid en godsdiensoortuigings nie. Dit lyk my dat jy net in tel is by Bush as jy ryk is of olie het. Dat dit ekonomies ook swakker daaraan toegaan in sy eie land vir die armes en die middelklas, sien mens uit die wyse hoedat mense al meer aangewese is op meer as een beroep om net maar te kan oorleef. Vakbonde sukkel steeds baie, is maar die uitgeworpenes - die optrede van ’n groot kettinggroep soos Wal-Mart om selfs hele afdelings by hul winkels toe te maak en in ’n paar gevalle hele winkels, eerder as om vakbonde onder hul werkers toe te laat, weerspieël hierdie gesindheid van finansiële magspolitiek van die neo-liberale ekonomie. Dis so jammer dat baie in Suid-Afrika die VSA as voorbeeld voorhou van sukses. Die hele definisie van sukses as die vermoë om meer geld te maak is so skeef. Mens sou wens dat die VN weer die vermoë sou kry om op te staan vir die regte van mense - ongelukkig is die gebrek aan geld en die onderlinge verdeeldheid die oorsaak dat goeie resolusies maar net woorde bly. Waarom is die stem van die Christelike kerk so sag oor die vergrype en skeefgetrekte politiek van die Amerikaners?

 

Inderdaad. Kyk ons voorbladartikel oor die Bush-regering se skandalige uitbuiting van orkaan Katrina ten koste van arm swartmense in New Orleans – Red.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=363
Artikel nagegaan:
    -