blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


FAK verwelkom Mikro-uitspraak, 27 Junie 2005 2005-07-01
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, die FAK, verwelkom die Appélhof se tersydestelling van `n appel deur die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys om Laerskool Mikro te probeer dwing om sy taalbeleid te verander. Hierdie uitspraak is `n oorwinning vir die outonomie van gemeenskappe en verteenwoordig inder waarheid `n treetjie nader aan die toepassing van die Nasionale Departement van Onderwys se beleid van moedertaalonderrig vir alle Suid-Afrikaanse kinders. Die FAK hoop dat die voortgesette druk deur provinsiale onderwysdepartemente op Afrikaanse skole om te verengels in die naam van groter toeganklikheid gestaak sal word. Tans is verskeie Afrikaanse skole landwyd onderworpe aan sodanige druk, met moontlike hofaksie betrokke. Die FAK doen `n beroep op provinsiale onderwysdepartemente om op te hou om die reg op toegang af te speel teen moedertaalonderrig, en om die krisis van toegang tot gehalteonderwys vir almal te beëindig deur hulle daarop toe te lê om moedertaalonderrig `n werklikheid vir alle Suid-Afrikaanse kinders te maak.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=271
Artikel nagegaan:
    -