blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


`n Welsynstreintoer vir arm kinders wat nog nooit by die see was nie 2005-06-16
Sakkie Kotze, ATKV, Centurion

ATKV CENTURION

 

ONS WELSYNSTREINTOER VIR ARM KINDERS WAT

NOG NOOIT BY DIE SEE WAS NIE.

 

ATKV Centurion het besluit om kinders wat deur armoede geteister word, en nog nooit by die see was nie, suidkus toe te neem. Ons het op die woonbuurt Danville gefokus en Afrikaanssprekende kinders wat slagoffers van armoede is, en nog nooit by die see was nie, geidentifiseer. Dit blyk toe dat die meeste ook nog nie op ‘n trein geslaap het nie.  

 

Ons het oor ‘n lang tydperk fondse bymekaargemaak en het verder op die publiek en besighede se hulp staatgemaak. JB Treintoere, Kruger Busdiens, Rilanco Busse, Cornwall Hill College, die Thinus Strydom Eiendomsgroep en die Centurion Sakekamer was besonder ondersteunend.  

Individuele persone het ook spontaan na vore gekom en klere, handdoeke, kospakkies en ander eetgoed aangebied.  

 

Steve Hofmeyr, die Bulle asook Amor en Joost het hul steun aan ons welsynsprojek toegesê. ‘n Klompie van die kinders was een middag op Loftus tydens die spanoefensessie en het Anton Lenhard en sy spanmaats saam met hulle poseer vir foto’s.

 Steve Hofmeyer was weer eendag by die twee laerskole in Danville en Amor en Joost het op die stasie vir elke kind ‘n lekkergoedpakkie gegee.

 

Eenhonderd drie en dertig stralende gesiggies het opgewonde in die busse geklim. Ander het avontuurlustig met ‘n valhelm op, agterop ‘n Harley Davidson motorfiets geklim.

By die Pretoriastasie is hul soos wafferse BBP’s deur Amor en Joost ingewag en voorspoed vir die epiese seetog toegewens. Sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer, Steyn Fourie was ook op die stasie om die klomp te vermaak en af te sien. ATKV Centurionsangers Ina Myburg en Tiaan het die hele uittog meegemaak om deurentyd vir die sang en musiek op die trein en by die see te sorg.

 

Die kinders is elke oggend vroeg uit om die sonsopkoms te sien en op die strand stiltetyd te hou. Die swemmery elke dag het in ideale weer geskied. Die kinders het verder ook aan groepspele soos vlugbal, skattejag, en kasteelbou op die strand deelgeneem.

 

Benewens die erediens Sondagoggend, is daar by die kinders ook in spanpraatjies ‘n bewustheid oor natuurbewaring en die grootsheid van God se Skepping tuisgebring.

 Die seuns is verder in visvang touwysgemaak terwyl die meisies skulpe opgetel het.

 

Sewentien volwasse ATKV-lede het die groep vergesel en as groepleiers opgetree.

Ons het diep onder die indruk gekom dat daar groot nood onder arm kinders, wat nie deel van ‘n welsynsstruktuur soos kinderhuise is nie, bestaan. Ons gaan dit beslis weer doen.

 

Navrae:     Sakkie Kotze (Voorsitter)                   Sel.: 082 925 1488

 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=255
Artikel nagegaan:
    -