blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers

LitNet Akademies

Mediaverklaring: Verbreed jou horison, leer Nederlands aanlyn
2021-01-20
Die volgende twee kortkursusse Nederlands vir beginners begin in Februarie aan die Universiteit Stellenbosch. Albei kursusse word volledig aanlyn aangebied. Vir beide kursusse word ’n intermediêre vlak van Afrikaans van kursusgangers verwag, aangesien Afrikaanse en Nederlands met mekaar gekontrasteer gaan word. Nederlands vir beginners: Kursus 1 is 'n aanlyn selfstudiepakket. Elke week kry jy toegang tot nuwe leermateriaal, soos video’s en oefeninge. Hierdie kursus begin Maandag 8 Februarie en duur tot 19 April. Die registrasiegeld beloop R1 500 vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch en R1 750 vir niestudente. Klik hier om vir Kursus 1 te registreer. Nederlands vir beginners: Kursus 2 is 'n aanlyn kursus met 'n weeklikse groeples van die dosent (’n moedertaalspreker) via Zoom.

Mees onlangse inskrywings




Hierdie bladsy is 'n wyser na:
    LitNet Akademies
    platform: litnet
    merker: leer
Die doel van die wyser is:
1. Sodat mense kan sien watter detail van hulle blogs of webladsye hier geindeks is.
2. Vir nuwe blogs en webbladsye help dit dat soekmasjiene hulle kan opspoor.