Blik maak 'n indeks van die Afrikaanse web.
Blik vind en lys baie blogs en webbladsye vanself, veral
Wordpress blogs en deur verwysers / skakels op te volg, maar as joune nog nie hier is nie, kan jy dit byvoeg.
Voorwaardes
Blik is 'n oop platform, en ons wil graag byvoegings aanvaar, maar ons stel die volgende voorwaardes:
- Geen blogs of webbladsye met rassisme of enige ander soort haatstokery kan aanvaar word nie.
- Ons kan nie byvoegings van blogs of webbladsye aanvaar wat net Engels is nie, want die doel hier is om te sien hoe die Afrikaanse Web gebou word.
- Die aantal byvoegings van een oorsprong kan beperk word. Moenie tien blogs byvoeg nie - probeer eerder een blog bedyf wat die moeite werd is om te lees.
- Geen blogs wat 'n obsessie met ander bloggers of individue bedryf kan aanvaar word nie.
- Geen blog of webbladsy het 'n reg om gelys te word nie, en byvoegings kan weggeneem word.
- Hierdie voorwaardes kan in die toekoms verander of uitgebrei word.
Invul hulp
- Moenie stres nie. Vul in wat jy weet en die res sal mettertyd by kom
- Soek gou eers. Bes moontlik is jou blog of webbladsy reeds hier
- Blognaam: Jou webbladsy of blog se naam - dis 'n moet
- Blogadres: Jou webbladsy of blog se URL - dis ook 'n moet. Voorbeeld: http://example.com
- Blognuusvoer : Die URL van jou RSS of atom feed. Voorbeeld: http://example.com/feed/. Los oop as jy nie een het nie of nie weet wat dit is nie
- Twitter: Jou Twitter URL, bv https://twitter.com/sbafrikaans (los oop as jy nie op Twitter is nie)
- Ikoon: Die URL van jou prentjie soos dit op blik moet verskyn
- Skrywer: Jou naam of skryfnaam
- Epos: Jou epos adres - net as jy wil. Net om jou in kennis te stel as iets fout gegaan het, en reggestel is, of vir redes hoekom jou blog geweier is as dit die geval is
- Plek: Net as jy wil. Net die stad of dorp (of land as dit nie Suid-Afrika is nie)