|
||||
Louis du Plessis Wíl Afrikane werklik skuil in
aandskaduwees? Wíl
Christen-Nigeriërs Moslems snags bly
vrees? Wíl, in lank verwagte
reëns onder blits uit die
lug, die swart Soedanees vir Arabier bly vlug?
Hoe kan Toetsie en
Hoetoe by Mere verweef elkeen dans soos hy
voel? Sý storie uitleef? Móét dakloses in
Harare voor regerings-AKs
beef? Is verdrukking deur
heersers hoe die Afrikaan wíl
leef?
Kan ongeag CDs wat skeephouers bring die Zoeloe in
Oeloendie sy eie liedere sing? Mag ondanks die dowe verengelsende staat Afrikaner en Tswana
elk bekende woorde praat?
Wié is die
gemeenskappe wat hulle nie laat
stuit nie? Was hulle nie dalk
vóórtrekkers in elke vryheidstryd
nie? Volg in die oggendson waar Afrikanerspore
gaan daar in verwondering
dalk die vrye Afrikaan? |