blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Nuut bygevoeg: wys / wegsteek
litnet:
Kliek vir meer inligting oor Litnet as platform Dis 'n eer as http://www.litnet.co.za jou artikel publiseer!
Lees gerus ook by http://blogs.litnet.co.za, maar moenie 'n nuwe blog daar begin nie, want aspekte van die blog platform is stukkend en die hele ding word nie reg bestuur nie.


litnet nuut bygevoeg:
Litnet Menings   
Voertaal - Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen   
Bosoorlog Gedigte   
LitNet | Die huis met baie wonings | Kommentaar   
Riette Salzmann   
allesbo50   
Don Beukes   
jacquithewriter   
meermin   
ouorcas   
476 litnet items           Bladsy 2 van 10: vorige | volgende     
Gister baie braaf my blog oopgemaak, vol idees van alles wat ek te se het. En daar sit ek en staar ure na die plek waar ek moet tik. En niks word gevorm in my kop. Wel hier sit ek weer.. vroeg oggend, slaap nog in my oe.. ek hou van vroeg oggende, alles is stil. Selfs my deurmekaar gedagtes. Wat is die mens dat U aan hom dink, die mense kind dat U hom onderhou.. waar kom dit vandaan vra ek my verwonderd? Al baie gewonder oor die ewige twee gedagtes , goed-sleg, wreed-sag, windbol-selfbejammering. Wel God is my Vader, Hy het my gevorm en het n doel met my, maar tog wonder mens wat is ek? As ek


Onlangse inskrywings

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging! Photo Credit © Shameeg Van Schalkwyk Anushska Ek hoor nie meer die voëls se oggendkonsert nie – Verbrokkelende emosies veroorsaak afskuwelike stuiptrekkinge, terwyl gespikkelde herinneringe vals note uitbassuin in aparte sessies, van onbesproke geheime kwessies en dis hoe ek dit verkies – Stemme dryf op die wind miskien `n nuwe, egte vriend of `n boodskapper van mammon – My geheue uitgevee, ek kan nie meer omgee- My visie verdonker deur my selfbejammeringshel missie- My onskuldigheid besteel en selfsugtig uitgedeel, Ek verlam van die skok – Net nog `n gekweste , leë dop. Omring



Onlangse inskrywings

Die Paah – Jacquithewriter


Onlangse inskrywings

Die meeste mense leer nooit dat daar bewyse is dat dit wat hulle glo nie waar is nie.


Onlangse inskrywings





Onlangse inskrywings

Ek dink ons praat ons eie taal. Ek en Suzie Matlhola. Dit gaan oor meer as net ‘n taal met woorde om te kommunikeer. Ons gesels is nie gesels as ons nie ten minste een keer uit ons maag gelag het nie. So ry ek en Suzie een middag terug van ‘n afspraak en besluit om by ‘n sekere oom Kolonel se hoenderrestaurant te stop. Ja, vertel Suzie, jy kan nie nadat jy jou inkopies gedoen het sommer met jou boksie van die oom Kolonel in die taxi klim nie. Nee, die taxibestuurders is streng. Suzie het onlangs gehoor hoe die een taxibestuurder gereageer het toe een van sy passasiers met die oom Kolonel se produkte wou inklim. Nee, sê


Onlangse inskrywings

‘n Paar jaar gelede het ek op Litnet geblog en goeie vriende gemaak. Gister praat ek met ‘n ou blogger vriendin en besluit ek het nou genoeg gehad van stilbly….


Onlangse inskrywings

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!


Onlangse inskrywings

Deur Ernie Mellet ASBWATIS (1) RIGLYNEVOOR (1) RIGLYNE VIR AMATEURSKRYWERS RIGLYNE VIR AMATEURSKRYWERS is nie ‘n lees-en-neersitboek nie, dit is ‘n WERKboek. Die doel daarvan is nie net om enkelskrywers en -digters te help nie, maar om in groepe bespreek te word deur Lees- en Skrywerskringe, skole, universiteite, ATKV’s en ander vereniginge. Dit is nie net ‘n handleiding nie, maar ook ‘n boek met Oefeninge en Take om die gebruiker te help om beter op alle vlakke te skryf.


Onlangse inskrywings

Selde tevore, indien ooit, het ’n gebedsbyeenkoms in Suid-Afrika soveel uiteenlopende reaksies uitgelok soos die lekeprediker en voormalige aartappelboer Angus Buchan se Bloemfonteinpreek. Die byeenkoms was ’n mengelmoes van goeie bedoelings, fopnuus en allerlei vergesogte aansprake en oordrywings van verskillende aard. Dit het gewissel van buitensporige getalle tot goddelike ingryping wat sou plaasvind of binnekort gaan gebeur. Alles word mooi netjies onder die geklank van ramshorings toegedraai in ’n charismatiese kombersie met ’n goeie skoot draai-of-braai-teologie daarby. Buchan is immers ’n selferkende fundamentalis wat die Bybel letterlik lees en glo dat elke woord daarin deur God self geïnspireer is. Oor die opregtheid van duisende Suid-Afrikaners wat hoopvol na die byeenkoms gestroom het, hoef daar nie twyfel te wees nie. Die



Onlangse inskrywings

Ons lewe in ‘n tyd van verwyte. Almal verwyt mekaar of jy nou skuldig is al dan nie, maar die verlede het nou eenmaal net ‘n manier om hom op te haal. Vergewe en vergeet is maar ‘n moeilike konsep en ek het alle respek vir elkeen wat dit werklik tot diep in die diepste fondamente van hul hart kan regkry. Die vergewe is seker nie so moeilik nie, maar ai die vergeet. O ja, en wanneer daar so ‘n effense trilling in ons menslike aardkors kom, dan vind ons al te gou dat die vergeet onthou geword het en die vergewe moet van voor af weer begin. ‘n Moeilike taak of sal ek sê amper ‘n bomenslike taak om


Onlangse inskrywings

Ek kon nie help om op hierdie Goeie Vrydag terug te dink aan my skooljare nie en spesifiek aan drie outjies wat saam met my in standerd 8 was. Standerd 8 was moeilik weens die droogte, politiek en puberteit en veral op ‘n klein dorpie soos Ventersdorp kon dinge nogal ingewikkeld raak. Die dorpie het baie mense met snaakse gene gehad en meeste van die tyd het nie eens praaitjies vir die snaakse gene gewerk nie. Nou die 3 waarna ek verwys was Wyn van Wyk, Pietie Moller en Haantjie vanner Westhuizen. Haantjie en sy ma het in ‘n spoorweghuis bo in Carmichaelstraat gewoon en voor op die stoep was daar sulke baksteenpotte wat vol hartseer geplant was. Haantjie was


Onlangse inskrywings

Om ‘n buitelander in ‘n land te wees – al was dit een waarheen jy al voorheen was – is swaar. Die taal is anders. Die gewoontes is vreemd. Selfs liggaamstaal, daardie wonderlike wyse om te lees wat iemand anders regtig dink, is gereeld onverstaanbaar. As ‘n buitelander staan jy soos ‘n blinde en dowe, tastend in ‘n besige straat na iets wat rigtinggewend is. Na iets bekend waaraan jy jou kan koppel en die res van jou lewe vooruit kan stuur. Ek vind dat daar niks buite myself is wat ek as anker kan gebruik nie, eenvoudig omdat hierdie nie my land is nie. Die val van die landskap is anders: meer gelyk en saggolwend. Die klimaat verskil. Helder


Onlangse inskrywings

Op 26 Januarie was Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker in die RSG-ateljee in Seepunt met borde vol koeksisters en koesisters. Tannie Koelsoem en tannie Flori het die verskille tussen die boerekoeksister en die Maleikoeksister verduidelik. Tradisioneel word die Maleikoeksister (ook bekend as ’n koesister) met meer speserye aangemaak, dan as bolle in diep olie gebak, in warm stroop gegooi en daarna met klapper bestrooi. Die boerekoeksister se deeg word gevleg, in olie gebak en dan in yskoue stroop gegooi. Tannie Koelsoem vertel die Maleikoeksister kom uit die dae toe die slawe nie hulle geloof openlik mog bedryf nie. Toe het hulle liedjies gemaak om saam te sing in gebed terwyl hulle brooddeeg versoet het en uitgedeel het, dan het



Onlangse inskrywings

Maande het verbygegaan. Die nuwe jaar in. Ek staan steeds versteen met die kis in my hande. “Dit wag vir jou” – Bondel-Ek se hand swaai voor my gesig. “Om oop te maak. Hy wag vir jou om te sê maak oop – AS jy guts het” Die sigaretrook laat my neusvleus sper – draai dan vreemd om die kisdeksel. “Ek het guts. Ek wil dit net nie sien nie. Ek weet” “Jy weet nog nie genoeg nie” Bondel-Ek betrag my skewekop – skrrefoog – “Waarvoor so bang – jy is altyd so hardegat – nou bang vir jouself?” “Eks gin bang nie. Eks net nie meer


Onlangse inskrywings

Dis Donderdagaand 5 Januarie kwart voor 8. Ek steek ‘n kers aan en sit die koormusiek CD op wat ek verlede week by Swellendam se SPCA vir ‘n winskpie gekoop het. Die keuse van die eerste snit verras my asof Iemand geweet en die uur bepaal is. “Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in u skadu bly Gee dat elke aardse vreugde en vrees eindelik nietig word vir my Wat ek is is net genade. Wat ek het is net geleen.” Eintlik smag ek na U waters van rus. Lei my, Heer, vanaand daarheen.” Kan dit wees dat hierdie die finale samevatting is, die klanke suiwer en die woorde profeties, ons ma se versugting van die laaste


Onlangse inskrywings

Ek het oor die jare verskeie van die NG Kerk-familie se sinodes bygewoon. Sommige van hulle was – om dit sag te stel – minder lekker, en ander was nogal lekker. Daar was sinodes wat my selfs weer moed gegee het vir die kerk en sy profetiese stem, wat veronderstel is om ’n kerk se grootste kenmerk te wees. Die eerste sinode van die NG Kerk wat ek bygewoon het, was in 2002 in Pretoria. Dit was ’n stywe, formele affêre met groot binnegevegte, waar die broers en enkele susters nog in rye gesit het en byna soos in ’n parlement oor die Woord beraadslaag het. Die gay-kwessie was nie so hoog op die agenda soos in 1986 toe daar



Onlangse inskrywings

So dog ek toe verlede jaar was ‘n af-jaar!! VERKEERD. My 2016 het goed begin,maar *my jongste kom kuier en word toe sommed verloof op Singapoer sementskip 57vloere hoog *my oudste raak verloof tydens die sani2C in die Lesotho berge *my jongste emmigreer Australie toe *my oudste trou komende Maart *ek kry trombose in die been *ek val my oogbank oop…..2 klonte deur my linkerlong *velkanker word op my gesig uitgesny…..onvolledig *plastiese chirurg moet ingryp en oordoen. *snye nou 5cm en 1cm lank *my honde bly nou by huis met dogsitter, want seun is nou in Australie en die ander een by sy verloofde *nou is ek oppad om huis te verkoop, meenthuis en housesitter te soek *ons nog 2jaar


Onlangse inskrywings




Onlangse inskrywings

LAG Die houtkerfwoordjie in wynrooi is op my mikrogolf oond se regter voorste hoek vasgeplak. Net links van die stoof wat nooit aan is nie. Ja ek kook, elke dag, maar verkies die elektroniese induksietipe stofie. Wonderlike masjientjie. Lag, voorste regter hoek. Fokus my kind. Lag. My moeder het daardie houtkerfwoordjie in wynrooi vir my gekoop in ‘n tyd wat dit die enigste lag in my lewe was. Net daardie een. Troos! Die lag het intussen weer teruggekom, so bietjie. Jy sien, iemand het my lag kom steel kan jy glo? Die slim mense sê niemand kan jou lag kom steel nie, nie sonder jou toestemming nie. Slim mense.Verbeel jou. Nou reg meneer slim mens, kom ons ruil gou skoene


Onlangse inskrywings

Thomas Edison biografieë vertel sy storie oor sy kinderjare verskillend met klem op ander aspekte. Die weergawe waarvan ek hou is die waar sy onderwyser hom huis toe gestuur het met ‘n briefie. Sy ma het die briefie vir hom hardop gelees en dit was iets soos dat die hy ‘n genie is en die skool is nie groot genoeg om hom te leer nie. Sy ma was ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en sy het hom toe tuis geskool. Baie jare later, na haar dood, het hy die briefie in ‘n laai ontdek en dit het in werklikheid beweer dat sy verstand deurmekaar is en dat hy nie geleer kan word nie. Sy ma het altyd in hom geglo en haar



Onlangse inskrywings

Hierdie blog se stoorplek het te vol geraak, ek blog nou hier: http://blogs.litnet.co.za/devries/ This blog’s memory ran out of space, I was forced to open a new blog. Please visit me here: http://blogs.litnet.co.za/devries/


Onlangse inskrywings

Jis ma Ek sien ek het langer as twee jaar laas geskryf. Maar ek weet ma sal verstaan. Die kinders hou mens besig. Oupa ook. Ek is bevrees ons is nou waarskynlik net ‘n paar maande en ‘n besluit ver weg daarvan dat oupa gaan moet skuif na die versorgingsdeel van die aftree-oord. Oor tyd kom mens dit nie agter nie. Maar ons was nou weg vir drie weke, en toe ons terugkom toe kan ek sien hoe hy in drie weke se tyd agteruit gegaan het. Sy garage staan stil. Hy sê dis nou te koud daar. Maar dis 36 grade buite, en seker 40 grade binne in sy garage. Hy


Onlangse inskrywings

https://pixie1se1pad.wordpress.com/2016/01/17/dag-2665-wat-nou/


Onlangse inskrywings

Hierdie is nou nie ‘n oorspronklike idee nie. Ek het vanoggend na ‘n video gekyk wat iemand vir my gestuur het. En dit het my lekker laat runnik. Ek dog ek sal dit hier deel. So as jy die video gesien het of die grap (storie) al gehoor het … Jammer. Die man stap in die kroeg in en hy bestel ‘n rum en coke. Die baarman sit ‘n groot rooi appel voor hom neer. Die man kyk verbaas na die kroegman. “Ek het gevra vir ‘n rum en coke!” Die kriegman verseker hom dit is wat hy voor hom het. Hy verduidelik dat hy enige geur in ‘n appel kan sit en die man moet ‘n hap vat. Die


Onlangse inskrywings

Onthuts weens die huts? LitNet se onlangse Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie lok baie uiteenlopende reaksies uit. In dié kompetisie is die # aangewys as Afrikaanse woord van die jaar. Maar dis nie eens ‘n woord nie, word gesê. Ook: dis beslis nie Afrikaans nie. So min as wat dit nodig is om ‘n nuwe […]



Onlangse inskrywings

Aangesien ek vandag rede tot introspeksie het, kom stap ek vanoggend ‘n draai in die spookdorp en spreek my mymeringe hardop uit. Hoekom, sou iemand in die goeie ou dae gevra het, is dit nodig om daaroor te blog? Is ‘n privaat inskrywing in ‘n persoonlike joernaal nie dieselfde ding nie? Sou seker gewees het. As ek ooit ‘n persoonlike joernaal gehad het. Maar hierdie was die naaste wat ek ooit daaraan gekom het, en dit was vir my baie werd, in daardie fase van my lewe. So vanoggend hunker ek. Dis my verjaarsdag. Ek kwalifiseer om te hunker. Sewe-en-bleddie-veertig jaar. Defnitief verby die halfpadmerk. Ma is dood op 65 en pa op 63. Die familiegeskiedenis lyk


Onlangse inskrywings

aan de rand van mijn bestaan willen mensen een zee over, dobberen bootjes, worden mensen soms gered aan de rand van mijn bestaan spoelt een kind aan op een vakantiestrand, het heeft zijn nieuwste kleertjes aan aan de rand van mijn bestaan lopen mensen langs een spoorbaan, slapen op perrons, wachten tot ze verder mogen, noord, of niet zij zijn de rand van mijn bestaan, en mijn leven gaat door, ik kan nog werken, lachen, zelfs liefhebben, zonder hen te zien en toch is mijn bestaan nu al veranderd door mensen die onderweg zijn, met geen ander doel dan aankomen, of ik kijk of niet houd hen vast, behoed hen, en laten wij zolang kwartier maken voor een nieuwe fase


Onlangse inskrywings

gevangene van gedagte deur die donkerte gedwing die swaar syfer deur die stilte hoeveel hartseer kan dit bring? Ek het jou vandag uit my probeer stap. 3 ure later en ek wil weer gaan. Ek mis jou deurmekaar woorde wat my kop laat draai. Jou dun arms wat my nog nie vasgehou het nie. Jou amper blinde oe wat ek nooit kon sien nie. Ek mis wat ons kon wees.


Onlangse inskrywings

Ons is wrakstukke dryfhout in `n see van gedagtes, `n oseaan van teenstrydige en weerbarstige stemme en idees is ons, elkeen hangend aan sy eie dun nawel, elkeen desperaat aan’t klou vir lewe, aan’t spartel vir asem. Dobber ons dan, dodelend van gety tot gety, word ons onder gedompel een brander na die ander.


Onlangse inskrywings

Ek het nou vandag besin oor Banting. Bietjie eerlik met myself gewees… Of slaan ek die “Banting” mis? 1- Alle banting resepte is nie sleg nie. Inteendeel, sommige van die disse is baie lekker! Soos byvoorbeeld die baie vleis, neute, biltong ens. Maar die brood en ander goed met amandelmeel is nie vir my nie. 2-Verloor jy werklik gewig van die verhoogde vette, protiene ens of omdat jy minder stysel en suiker eet. Wat van jy volg jou normale eetgewoontes maar eet net minder stysel en suiker? 3- Ek is mal oor soetgoed maar het myself nou totaal gespeen daarvan. Die resepte vir soetighede wat ek sover uit Banting resepteboeke gekry het is nie, vir my, lekker nie. Wat is


Onlangse inskrywings

Jy is nou op LitNet se nuwe webwerf-in-aanbou. Welkom! Dis LitNet se vierde gesig en brein (interface en back-end) sedert sy ontstaan in Januarie 1999, bykans 16 jaar gelede. Hierdie ontwerp is vars en nuut en bied skoner uitleg wat natuurlikerwys navigeer. Die platform is tans in aanbou. Dis nogals ’n huis met vele kamers. Ons wil die LitNet-gemeenskap graag betrek by die finale afronding en jy word genooi om kommentaar te stuur aan huisbou@litnet.co.za. Bydraers sal ook opmerk dat LitNet (in plaas van hul skrywersname) gebruik word en dat die bydraerprofiele nog nie verskyn nie. Ons werk aan hierdie funksies. Laat weet waar jy flaters gewaar, maar ook waarvan jy hou. Enige aanbevelings? Aanvanklik sal nuwe materiaal op die


Onlangse inskrywings

dat ek nou vandag vir die eerste keer in amper twee jaar hier kom griffel…………………………….. haar inskrywing het so ewe op my GesigBoekie verskyn en toe is die versoeking net te groot. Ek sien nog ‘n paar van die ou gesigte hier rondswerf, en natuurlik ‘n paar nuwes ook, so aan al my ou Blog Maters “hallo, hoe gaan dit?” en aan die nuwes; “bly te kenne”.


Onlangse inskrywings

Ek sweer ek het die manier om eenkeer ‘n jaar en nogals in Maart terug te keer met die beste voornemens om weer te begin skryf en post, Ek sien Tina is nog hier, hoe gaan dit Tinatjie? Na ‘n jaar van alles in fast forward is dinge steeds crazy, nuwe werk, amper klaar geswot, kinders besig om die grootmens wereld aan te pak, ‘n nuwe lid tot die viervoet familie, Emma is ‘n aanneem daxie en so cute………… Dankie Heer vir al die amazing wonderlike seeninge wat U elke dag oor ons uitstort xxxx


Onlangse inskrywings

Die belangrikste ding aan ʼn teks is die emosie wat dit moet ontlok. Hetsy dit afkeer, fassinasie, hartseer of blydskap is. En vir hom geld dit prosa of dramas. “Wanneer daar te veel op die letterkundige waarde gefokus word, gaan die menslikheid van die teks verlore,” glo hy. Hy hou van ʼn teks wat van binne buitentoe geskryf word. Wanneer daar in die siel van die karakter ingeklim word. “Natuurlik moet die teks ook literêr verantwoordbaar word, maar dit moet my laat omgee,” sê hy tydens ʼn onderhoud by een van die restaurant in Ryneveldstraat, waar feesgangers van die Universiteit Stellenbosch se Woordfees verbyhaas op pad na die een of ander produksie of gesprek. Van Greunen is een van



Onlangse inskrywings

Lank terug … eeue terug Nee wag ek jok … dekades terug … ongeveer 2 … (kan jy glo dat tyd so vining verbygaan) Giggel ek skaam toe ‘n heel vreemde meise vir Arno vra … “Hey-Daar-Kwagga … wat is jou naam?” Dalla is vandag amper groot … mag sy tog nooit daai vragie vra nie! (Jellow Julle)


Onlangse inskrywings

Persoonlik was die aantrekkingskrag om iets meer van die land en omgewing te verstaan omdat die grondgebied so `n aansienlike deel van die scenario van die Ou en Nuwe Testament van die Bybel gevorm het. Met ses besoeke aan Sirië alleen en met groepe kan mens nie anders as om harverskeurend na die onlangste gebeure te kyk nie. Die twyfel of vriende die geweld van oorloë oorleef het. Al die gekoesterde gesprekke en besoeke kan nie ongesiens verbygaan nie. Hoewel die toegang by die Siriese grense selde sonder effens drama afgeloop het, is die toegang daarna telkens met entoesiasme begroet. Sirië het `n ongelooflike verskeidenheid van dorpe, stede, landelike gemeenskappe, woestyngehuggies, rivierbewoners, Middelandse hawestede. Damaskus



Onlangse inskrywings

Die ding met om agter mens se neus aan te ry is dat mens nie altyd weet waar jy gaan eindig nie. Vandag kom ek in Hobhouse, een van die kleiner dorpies in die Oos Vrystaat. Die son het pas agter die horison verdwyn, en ek kry ʼn gevoel van verwaarlosing. Daar is een petrol stasie op die dorp wat boonop toe is, en niemand te vinde in die straat nie. Daar is ʼn karavaanpark bordjie, en ek draai die 50 jaar-oue skedonk wat ek hierdie reis mee aanpak in daardie rigting. Hierdie bordjies lyk asof dit die nuutste bydrae tot die dorp is – dis seker die enigste bestanddeel in hierdie koek wat minder as 30 jaar oud



Onlangse inskrywings

Daar is min dinge meer “scary” maar ook meer bevrydend as vrou alleen te reis. Dit is ‘n argaiese begrip dat vroue “beskerming” nodig het van iemand met ‘n Y Chromosoom. Dit is, om die minste te se: seksisties, ‘n belediging vir jou intelligensie en so outyds soos soetkoekies. Ek reis die afgelope 25 jaar op my eie, soms saam met my man en seun, soms net saam met my seun en ander kere saam met susters en vriendinne. Dus matig ek my aan om uitgesproke te wees oor hierdie onder onderwerp, want ek weet! Daar is ‘n paar mites wat dadelik die nekslag toegedien moet word nl. Dis net eensame vrouens wat alleen reis. Oh please!



Onlangse inskrywings

https://crlredelinghuys.wordpress.com/2014/12/08/brannewyndrip-o-brannewyndrip/


Onlangse inskrywings

Julle ken seker almal die storie van die hond en die perd en die donkie en die bobbejaan en die mens, en hoe elkeen mos gekies het hoeveel jaar hy op aarde wou spandeer. Nou ja, ek is nou in perd se jare. Amptelik. Dus gaan dinge maar rof, want as iemand net vir jou vra om werk te doen, dan sê jy ja en jy gaan sit en jy doen dit. Al verstaan jy nie altyd die sin daarvan nie. Dis nou soos dit hierdie jaar met my gegaan het. En ek kla nie. NIe regtig nie. Ek geniet die dinge wat na my toe kom: studiegidse en handboeke en studiegidse en ekstra werk by nog ‘n universiteit hier


Onlangse inskrywings

http://coetzeeblog.wordpress.com/2014/11/15/ponde-sjielings-en-pennies/


Onlangse inskrywings

Oog Oog Deur die lens Van hierdie klein sfeer Stroom fotone Vanaf die verste sterre Die oogbal binne. Bots teen sensitiewe binnewande En skep so ‘n beeld Binne die beperkte ruimte Van die brein. ‘n Beeld van die Onbeperkte, Oneindige sfeer Van die Heelal. ©vuurklip 3 November 2014



Onlangse inskrywings

Roar Verlede week was weer Durbanville Voorbereidingskool se jaarlikse konsert. Waar almal in die skool aan deelneem. En dit maak nie saak wat hulle opvoer nie, daar is altyd plek genoeg plek vir almal. Hierdie week was geen uitsondering nie. Ons het die Vrydagaandvertoning gaan bywoon. Roar! (Lion King). Ons daag vroeg op. My vrou het gesê ons moet. Neem rustig ons plekke in. Daar is baie min mense nog, maar rondom ons begin mense plaasneem en stemme opklink. Agter ons klink ‘n vreemde aksent op. Dis amper Afrikaans, maar ek verstaan dit net-net nie. Dit blyk Vlaams te wees. Ek wonder of Jan van Riebeek en sy pelle


Onlangse inskrywings

Ek het eintlik lankal oorgegee met die litnet ding, maar vandag slaat die gier my om te kom inloer. Sien darem paar bekendes is nog hierso.. Verder gaan dit goed…behalwe dat die politiek en maniere hoe banke werk my nog steeds gereeld demoerin maak.


Onlangse inskrywings

Ek draai my vensterruit af, want skielik is dit baie warm. As jou voertuig ‘n swart interior en pleather sitplekke het, kan jy maar weet dit gaan benoud raak in jou kar. Ek kan nie glo hoe vinnig die winter geeindig het nie. Net die ander dag het ek dit nog oorweeg om ‘n langmou onderbroek te koop en nou sweet ek soos ‘n middeljarige tannie van Upintgon wat met Huisgenoot se nuutste blokkiesraaisel sukkel. Ek moet seker nie kla nie, ek sweet eerder voor ek bewe van die koue, ek is ‘n woestynmens. Gelukkig kom daar ‘n heerlike briesie by my ruit in en dit voel amper of ek by die see is. Vir ‘n oomblik vergeet ek van



Onlangse inskrywings

In 1989 het meer as 300 000 Chinese soldate met tenke en gewere na die Tiananmenplein in Beijing opgeruk om sowat 1 miljoen studente en ander, wat politieke vryheid geeis het, op die mees bloedige wyse te onderdruk. In 1989 het die ANC se opmars na ‘n demokratiese Suid-Afrika die ou Apartheidsregering uiteindelik teen die planke gehad. In 1989 het die huidige Dalai Lama die Nobel Vredesprys ontvang. Die Chinese faciste is steeds wat hul was en staan op die punt om aan die studente van Hong Kong te doen wat hulle in 1989 in Beijing gedoen het. Die Tibetaanse heilige is steeds ‘n vegter vir mense se vryheid. Niemand weet meer wat die ANC is nie,


Onlangse inskrywings

Gedurende April 2014 was ons ingeboek in die Kruger Wildtuin vir ‘n langnaweek. Satara is beroemde kat-wêreld en omring deur groot oop grasvelde wat wildkyk avontuurlik maak. Oppad kamp toe het ons opgewonde gestaar na die ontelbare wildedier spoorsoorte wat gesaai langs die pad voorkom. Ons het geweet: baie spore, baie diere. Bosveldreuke het neusies laat kreukel en adrenalien het jou wakker laat regopsit! Spore oor die algemeen is staanspore, loopspore, drafspore of hardloopspore. Sandgrond wat klam is gee duidelike spoorafdruksels. Skukuza luiperd loopspoor Die skrif was teen die muur. ‘n Unieke vars pootvorm: die van luiperd langs die van ‘n boksoort. Om hierdie luiperd (onder) te kon kiek moes ons vir twee ure versigtig vorentoe skuifel.



Onlangse inskrywings