blik het begin as 'n webprogram waar jy skakels kon bydra, met die doel om dit met ander gebruikers te deel. Dit was moontlik die eerste Afrikaanse webprogram, dws 'n webwerf wat nie net statiese html bevat het nie, maar geprogrammeer is om spesifieke interaksies met die gebruiker te voer. Dit was soortgelyk aan, en geinspireer deur
muti en
reddit.
Alle skakels en kommentaar wat voorheen bygedra is, is steeds beskikbaar by die adres waar dit was, bv https://blik.co.za/2547/
Daar was later 'n nuwe Reddit kloon by
Veldbrand (gemaak deur
Jan-Carel Brand)
Die ou
blik was taamlik polities, en heelwat dinge is bespreek. Maar 'n forum het genoeg deelnemers nodig, en
blik het nooit genoeg sulke deelnemers verkry nie.
Sommige bloggers en skrywers soos
Gerrie Terblanche,
Sean Jacobs,
Chris van der Westhuizen,
Annemarie Taylor en
Reggie Nel het bygedra, en gehelp om dit interessant te hou.
Ongelukkig het SEO praktisyns en weirdos se deelname later die interessante goed oorskry, en dit kon nie so aangaan nie.
'n Nuwe, meer geoutomatiseerde soort webprogram was nodig, wat grootliks self nuwe Afrikaanse inhoud en webbladsye ontdek, en dit is wat
blik vandag is.
Die ou blik is gemaak met
CherryPy,
Python,
MySQL, en
Apache. Sien hieronder hoe dit gelyk het.
Die huidige
blik is gemaak met
Django,
Python,
PostgreSQL, en
Apache