Ek is lief vir die Boland maar… …die mense maak my bang. Kyk, wat ek nou hier gaan kwytraak is growwe, oppervlakkige veralgemenings, so as dit jou gaan affronteer, lees liefs nie verder nie. Grof, want ek beskik nie oor die gesofistikeerde Taal van… wel, die meeste Bolanders nie. Oppervlakkig, want ek ken die Boland, wel, meestal net bo-langs. Ek is ‘n gebore Pretorianer, maar het al in drie provinsies gewoon, en twee keer Kaap toe getrek