blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Redakteursbrief 2006-12-11

Geagte leser,

Met hierdie uitgawe sluit Die Vrye Afrikaan die jaar saam met u af. Ons volgende uitgawe verskyn op Vrydag 16 Februarie, 2007. Dit was vir Die Vrye Afrikaan ’n jaar van verdere groei en eksperimentering. Ons lesers het hulleself die afgelope jaar nogmaals as skerpsinning, lojaal en krities bewys. Die uitgawe wat u hier in u hande hou, verskil aanmerklik van hoe die koerant in Januarie gelyk het. Talle van die veranderings, waaronder ons kunsafdeling en visuele voorkoms, is danksy lesersterugvoer verander. U terugvoer is vir ons net so belangrik soos u steun, waarvoor ek u dan ook graag hiermee bedank, soos ook ons redaksionele raad, ons redaksie, ons produksiespan, ons administratiewe personeel en ons intekensentrum.

      Van inteken gepraat: die proses om ons intekenaars vanaf die FAK-kantoor na RNA Subscriptions te skuif was tydrowend en ingewikkeld. Indien u enige probleme met aflewerings ervaar, of wil seker maak dat u intekening betyds hernu word, laat weet ons per e-pos na [email protected] of telefonies by 012-326-8646.

                Volgende jaar word verdere verbeteringe by Die Vrye Afrikaan beplan, en u kan heelwat verrassings met ons volgende uitgawe in Februarie verwag. Intussen wens ek u ’n vredige feesgety en ’n vrye 2007 toe. – Red. 

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=774
Artikel nagegaan:
    -