blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Oor Afrikaanse universiteite skryf Zurietta Pieterse van Malelane 2006-10-18

Ek kan nie al die debatte oor Afrikaans verstaan nie. En wat ek ook nie kan verstaan nie is die aanhoudende aanval van die regering en van ons eie Afrikaanssprekende mense. My seun moet ook oor ’n jaar en ’n half universiteit toe gaan en ek twyfel nie eers dat ek hom graag in ’n Afrikaanse uiversiteit wil sit nie, maar al hierdie debatte maak ons as ouers senuweeagtig. My voorstel - en dit kom uit gesprekke tussen al ons vriende en kennisse: Vat al die universiteite en verdeel hulle in die hooftale. Ek is seker as die regering daarmee begin sal Zoeloes, Xhosas en andere positief voel oor hulle taal, en die nuutste taalverwikkeling - dat die regering in die grondslagfase moedertaalonderrig wil instel - vir hulle aanvaarbaar sal wees, want tans wil ’n groot persentasie inheemsetaalsprekers nie in hulle moedertaal onderrig word nie. Ons wil nie al die universiteite vir ons self hê nie. Afrikaanse ouers is bereid om ver te ry vir hulle kinders. Of my kind Bloemfontein toe gaan of Potchefstroom maak nie saak nie. Al hierdie wrywing maak alle tradisies in universiteite ook dood. Almal wat aan universiteite gestudeer het, weet van al die jarelange tradisies. My seuns is in Nelspruit Hoërskool in die koshuis en het ongelooflike tradisies wat jou skoon warm onder die hart maak. As die regering begin om byvoorbeeld Zoeloe te bemark en volwaardige universiteite en koshuise beskikbaar te stel, kan hulle hulle uitleef in hulle eie tradisies en sal hulle dit vir ewig onthou, maar al hierdie bakleiery maak die universiteitslewe nie meer lekker nie. Dit is ’n groot jammerte, want jy voel jy moet die heeltyd baklei vir jou regte en kan ek nie help dat dit gaan oor meer as net Afrikaans nie. Tradisionele Afrikaanse universiteite is stabiele universiteite met hoë standaarde en ek dink dit is hoekom ouers baklei om hulle kinders daarin te sit, al beroep hulle hulle op taalregte. Afrikaanse ouers hou ook die universiteitskoffers vol. Daar is ook nie voldoende dosente om klas te gee nie. Talle dosente is ondergekwalifiseerd en ons as moet Afrikaners die prys daarvoor betaal, want hoekom is daar na jare demokrasie is daar nog nie ’n volwaardige universiteit in ’n ander inheemse taal nie? Die regering het tog die mag en geld om so ’n unversiteit op te rig, of om ’n universiteit wat tradisioneel Afrikaans is wat hulle nie genoeg studente het nie vra om ’n ander tradisionele universiteit vol te maak en dan daardie universiteit ’n volwaardige Zoeloe- of Xhosa-universiteit te maak. Dit sal hulle ook menswaardig laat voel en trots op hulle eie universiteit en ons kan hulle bystaan en help, maar los net ons universiteite uit. Wat karring hulle altyd aan Afrikaans? 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=713
Artikel nagegaan:
    -