blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Ook oor dieselfde onderwerp skryf Robert Bond uit Centurion 2006-03-15

 Die sleutel vir die herskepping van die identiteit binne Afrikanergemeenskappe lê in die herontdekking en uitbouing van ons Wes-Europese wortels - Nederlands, Vlaams, Duits, Frans - nie net omdat die Afrikaanse taal deel vorm van die Germaanse taalgroepering nie, maar meerendeels omdat kernkultuureienskappe van Afrikaner-identiteit hiervandaan afkomstig is. Sodoende kan die Afikaneridentiteit en -taal hom posisioneer binne die konteks van die Eerste Wêreld-orde, meeding met Engels en globaliseering oorleef. Ek droom van onafhanklike Afrikaneronderwysinstellings in Suid-Afrika waar my kinders se kultuuridentiteit verryk kan word deur onder meer hierdie tale en kultuurgroepe te leer ken. Ek verwerp nie die Afrikaan binne my nie - maar my andersheid binne die Suid-Afrikaanse konteks lê in my omhelsing van my Europese identiteit as kern. Dit is die toekoms wat ek wil skep vir my kinders. Dit is die teenvoeter teen die volledige aanslag van verengelsing wat tans op Afrikaners plaasvind.


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=505
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -